Gedagte vir die dag: Gereinig, maar nie genees nie

man-kniel-gebed.jpg

Foto: imgarcade.com

Die effek van sonde is soos ‘n langdurige kwaal in die lewe van die mens. Ons kan vergewe en gereinig wees van sonde, maar steeds baie jare lank ly onder die gevolge daarvan. Dis ‘n daaglikse realiteit van alle gelowiges wêreldwyd. Laat Jesus toe om jou volkome te genees sodat jy nie meer sal ly onder die gevolge van jou lankvergete sondes nie.

Gee jou kommer oor aan die HERE. Hy sal vir jou sorg. Hy sal gelowiges nie teleurstel nie. (Psalm 55:23)

God genees die gebroke hart, en verbind hulle wonde. (Psalm 147:3)

Was my skoon van my skuld. Reinig my van my sonde. (Psalm 51:4)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.