Gedagte vir die dag: Jou liefde moet meer word

Wallpaper-Love-Nature-8-450x337.jpgOok bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees. (Fil 1:9-10)

Lees Filippense 1:3-11

Kersfeesmaand is by uitstek die maand van die liefde. Al die voor bereiding vir Kersfees verg hope liefde – veral van die vrou van die huis! Met heerlike kos en sorgvuldig uitgesoekte geskenke dra ons ons liefde en omgee aan ons familie en gesinslede oor.

Dit is my gebed dat Paulus se gebed vir die gemeente in Filippi in hierdie Kersfeesmaand vir jou sal waar word. Dat jóú liefde sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat jy dié dinge sal kan onderskei wat werklik waarde het. Maar dit mag nie hier op hou nie. Jy behoort hard te werk aan jou liefde vir jou gesin, jou familie, jou vriende, vir mense wat jy nié ken nie én vir God, sodat dit elke dag meer sal word. Soos jou liefde toe neem in begrip en fyn aanvoeling, sal jy die behoeftes van ander beter verstaan en daarop kan reageer, en dan sal jy weer ’n slag jou prioriteite reg kry en wéét dat die uitleef van jou liefde die heel belangrikste taak is wat God jou gegee het.

Deel hierdie Kersfees God se liefde met die mense om jou.

Here Jesus, ek bid dat my liefde al hoe meer sal word, dat U vir my begrip en fyn aanvoeling sal gee vir die behoeftes van ander, en dat ek sal kan onderskei watter dinge werklik belangrik is. Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.