Gedagte vir die dag: Oefen ’n skoon gewete

see_rotse_kaap_stiltetyd.jpg

Foto: Suné van Heerden

’n Skoon gewete kom van Christus en is iets wat voortdurend geoefen word. Net soos jy jou gewete kan verlam, net so kan jy dit aanwakker deur te doen wat in God se oë reg is.

In jou alledaagse lewe gaan jy geleenthede kry om te oefen om ’n goeie en skoon gewete voor Jesus te hê. Elke tree van gehoorsaamheid bring jou nader aan Jesus.

Julle het immers die Heilige Gees ontvang van Hom wat in ’n hegte verhouding met julle leef; daarom het julle nie behoefte daaraan dat iemand julle onderrig nie. Sy Gees lig julle immers oor alles in, en wat Hý sê, is die waarheid en nie ’n leuen nie. En soos Hy julle geleer het, moet julle ook in ’n hegte verhouding met Hom leef. (1 Johannes 2:27)

Ons het die Gees ontvang wat van God uitgaan – nie dié van die wêreld nie – sodat ons kan besef watter wonderlike geskenke God aan ons gegee het. (1 Korintiërs 2:12)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.