En laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. (Matt 6: 13)
Jesus leer sy dissipels twee baie belangrike dinge. God toets; Hy versoek nie, maar God kan toelaat dat ons in plekke kom waar ons deur die Satan versoek word (soos met Jesus in die woestyn).
Die gebed is nie dat God ons nie in plekke van versoeking sal bring nie, maar dat Hy ons sal help om nie toe te gee aan versoeking nie. God bied altyd ‘n uitweg uit die Satan se planne (1 Kor. 10:13).
Verder vra die gebed dat God ons sal verlos van die boosheid van die Satan se planne. Hy is ‘n dief, ‘n slagter en verwoester. Ons is nie meer deel van die Satan se koninkryk nie, maar in woede sal hy alles pro beer om ons te vernietig.
Deur hierdie gebed bely Jesus se dissipels hulle enigste oorwinning oor die Satan en sy magte by God. Uit hul eie krag, kan hulle nie wen nie, maar by hul Herder is alles moontlik.
Amen
Dis jammer die boek woestynwysheid -is so duur. Dis nie almal wat die boek sal kan bekostig nie.