ToekomsVenster: Die dissipline van skuldbelydenis


hand-in-son-galleryhip-com

Foto: Galleryhip.com

As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. – 1 Johannes 1:8-9

Skuldbelydenis is deel van ons groeiproses. Ons het nog nie volmaaktheid bereik nie. Johannes nooi ons uit om voort te gaan met die dissipline van skulderkenning en -belydenis (1:9).

Skuldbelydenis is een van die wonderlikste gawes wat God aan ons gegee het. Wanneer ons ons skuld bely, weet ons dat God ons geheel en al vergewe (1 Joh 1:9). Jesus ons voorspraak is die versoening vir ons sonde (1 Joh 2:1,2). Ons hoef nie weer op ons verlede terug te kyk nie, want God kyk nie meer daarop terug nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.