[Video] Só het kanker en Cancer.vive my lewe verander – deel 2

Maria Muller en Raynolda Makhutle. Foto: Burger Meyer

Maria Muller en Raynolda Makhutle. Foto: Burger Meyer

Die jaarlikse Cancer.vive-uittog is om die draai en vanjaar word daar weer beplan om 2 500 km op motorfietse aan te pak, alles ter bewusmaking van en opvoeding oor kanker.

Maroela Media het met ʼn paar mense wat betrokke is by Cancer.vive gesels. In deel 1  gesels ons met twee ondersteuners van die projek en in deel 2 met twee mense wat self deur ʼn stryd met kanker is, Maria Muller en Raynolda Makhutle. Maria is op 7 jaar vir die eerste keer met kanker gediagnoseer en Raynolda op 40 jaar.

Gaan kyk hier na deel 1 van die gesprek.

Cancer.vive is deel van die organisasie People Living with Cancer. Die span wat deelneem aan die uittog bestaan onder andere uit 25 mense wat die stryd teen kanker gewen het en 10 ondersteuners van die projek.

Die Cancer.vive-uittog vind vanjaar van 10 tot 20 September plaas.

Besoek gerus Cancer.vive se Facebook-blad vir meer inligting.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.