Video: Hy dans dat die krukke spat!

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Ou oom sorg vir groot vermaak op sosiale media nadat hy soos ʼn jong mens geruk-en-rol het by ʼn partytjie.

Toe die liedjie Rock Around The Clock van Bill Haley begin speel, het hy sommer sy krukke eenkant toe gegooi om behoorlik sy danspassies uit te voer – tot groot vermaak van die skare.

Hy blaas soentjies en kry sommer ʼn paar asters ook om saam te dans.

Die video is al byna 1 miljoen keer op Facebook gedeel.

Bron: Edgard Eleuterio Daza, Facebook

http://youtu.be/TUN4Hshu5y8

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.