Video: Só verkoop jy jou skedonk

Skermskoot van die skedonkie Foto: buymybarina.com

Skermskoot van die skedonkie Foto: buymybarina.com

David Johns van Australië het ʼn indrukwekkende video op YouTube gelaai om sy 1999 Holden Barina-luikrugmotor te verkoop.

Johns, digitale direkteur van die agentskap Chimney, het sy kollegas ingespan om dié advertensie te maak wat alle ander gebruiktemotor-advertensies stof in die oë sou skop.

Die video is reeds byna 170 000 keer gekyk.

Intussen stroom aanbiedinge in op #BuyMyBarina op Twitter (sien die Twitter-stroom onderaan die video). Klik hier om sy webwerf te besoek.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.