Suid-Afrikaners in die buiteland is gaande oor ʼn nuwe lied, wat op die oorspronklike “12 days of Christmas” gebaseer is, maar nou ʼn eg Suid-Afrikaanse baadjie aangetrek het.
Die lirieke is deur die “Horns” geskryf, dit is nie duidelik of hulle ʼn gesin of ʼn groep is nie.
“Six packs of Castle, five koeksisters, four frikkadels, three stukkies biltong, twee droëwors and a hadida in my tree,” sing die groep met musiek deur Instrumental All Stars.
Die oorspronklike lied is ʼn Engelse Kersliedjie wat oorspronklik in 1780 gepubliseer is en handel oor allerhande duur geskenke wat die persoon se “true love” aanstuur.
Indien jy die oorsprong van die Suid-Afrikaanse weergawe ken, stuur gerus ʼn e-pos na [email protected].
Hoekom kan ek nie maroela se videos sien nie
Lekker maar waar is die vetkoek?!!!!