ʼn Man wat homself as ʼn “illustreerder, wiskundeonderwyser en professionele pa” beskryf, maak die oulikste tekenprentpannekoeke vir sy kinders.
Nathan Shields van Washington in Amerika het aanvanklik met dié lawwe pannekoeke begin toe die gesin met vakansie was in Saipan.
Hy maak pannekoeke wat lyk soos insekte en haaie en mense en selfs skoenlappers. Klik hier om al die verskillende soorte pannekoeke te sien. In die onderstaande video maak hy klomp verskillende pannekoeke wat soos orangoetangs en gorillas lyk.
Volg “Saipancakes” op Facebook, Twitter, of Instagram. Jy kan selfs jou eie temas vir hom voorstel!
Volg gerus ook sy avonture op sy YouTube-kanaal.