Nuuskommentaar: Terroriste wat die Nobel-vredesprys kry – Wat om met terreur te doen?

Kinders leer terreur-tegnieke by 'n Hamas-somerkamp Foto: AP

Kinders leer terreur-tegnieke by ‘n Hamas-somerkamp Foto: AP

Een van die scenario’s oor wat in die Gasa-strook gaan gebeur as Hamas vernietig gaan word, is dat dit deur iets nog meer radikaal vervang sal word. Trouens, kleiner groepies soos die Islamitiese Jihad bestaan reeds wat die handhawing van skietstilstande baie moeilik maak.

En dit kan veel erger. Daarvoor is die IS wat nou die een erge wreedheid na die ander pleeg, ‘n “lewende” bewys waar die lyke van onskuldiges die wêreldgewete aankla. Dit het as vertakking van Al Kaïda tot stand gekom, maar is uitgeskop omdat hulle selfs vir Al Kaïda te erg was.

Maar tog stroom honderde jong Moslems uit Wes-Europese lande waar hulle van kindsbeen af aan Westerse waardes en ‘n kultuur van menseregte blootgestel was, na die Midde-Ooste om aan die kant van die IS te gaan veg.

Intussen word die lys van mense wat eens as terroriste beskryf was, en die Nobel-vredesprys ontvang het, al langer. Die voorbeeld wat gewoonlik heel eerste genoem word, is oudpresident Nelson Mandela. Kort op sy hakke volg die eertydse leier van die PLO, Jasser Arafat.

Ook oudpremier Menachim Begin van Israel, eens leier van die Irgun, wat tydens die Britse besetting van Palestina dade van terreur gepleeg het, haal hierdie lysie. ‘n Interessante artikel in De Standaard deur die Vlaamse oud-joernalis Walter Zinzen, kan hier gelees word.

In die ou bedeling in Suid-Afrika, toe die ANC as terreurorganisasie bekend gestaan het en inderdaad ook dade van terreur gepleeg het, het die lande wat hulself as die “onverbonde groep” beskryf het, graag na lande soos Suid-Afrika, Israel, Chili en ander, gewoonlik westersgesinde lande, as terroristestate verwys, waar staatsterreur gepleeg is of gepleeg sou wees. Vanuit hierdie perspektief sou die Nobel-vredesprys wat oudpres. FW de Klerk gekry het ook in hierdie kategorie kon val.

Dit het onlangs mode geword om skuldgevoelens in die weste op te wek oor die wreedhede wat tydens die kruistogte na Palestina plaasgevind het. Dit het ook in die vorm van byna terloopse verwysings in die Suid-Afrikaanse media verskyn. Die “gevolgtrekking” is dat die Moslems wat tot dan – sowat 1100 tot 13000 na Christus – baie vreedsaam sou wees, by die kruisvaarders geleer het om so wreed te wees. Die Weste sou dus hieroor ook skuldgevoelens moes koester oor die huidige wreedhede wat in die Midde-Ooste gepleeg word.

Dit word inderdaad deur Moslem-propagandiste, wat volgens die Nederlandse teoloog, Derek Suchard, die bloedige geskiedenis teen die middel van die 19de eeu herontdek het, ingespan. (Meer kan in Trouw hier gelees word).

Argeoloë en historici voer egter onmenslike wreedhede tot baie vroeg in die mensdom se bestaan terug – en baie daarvan kan op geen manier met die kruistogte in verband gebring word nie. Atilla die Hun se wreedhede in Europa en elders is moontlik ongeëwenaard. Die Asteke het soveel mense op hul piramides geoffer dat dit rooi gekleur het en die geharde manne van Hernan Cortez se besettingsmagte geskok het. Stalin se slagting van na raming tussen 20 en 60 miljoen mense het met die Kruisvaarders niks te make nie, en ook so nie die geraamde 38,7 miljoen Chinese wat tydens Mao se “groot sprong vorentoe” tussen 1959 en 1962 van honger omgekom het nie.

Dis ‘n oneindige lang lys.

In Suid-Afrika is die Marikana-slagting steeds in die nuus, terwyl plaasaanvalle en plaasmoorde onverpoosd voortduur. Suid-Afrika het een van die hoogste moordkoerse in die wêreld, en die land word as die verkragtinghoofsetel van wêreld beskou.

Die groot les is dat die soeke na oorsake nooit in ‘n poel van verskonings oor hoekom dit so is mag vasval nie. Die vasstel van die oorsake is noodsaaklik vir die doeltreffende bekamping, maar om oor terreur, hetsy politieke of kriminele terreur te moraliseer skep net die teelaarde vir verdere terreur.

Terreur is nie ‘n ding wat ‘n land bestel om hom mee besig te hou nie. Lande kan wel heelwat doen om dit te voorkom, en om die klimaat waarbinne dit kan vastrapplek kry, te verander. Maar om deurentyd reaktief op te tree hou die gevaar in dat dit wat nou onder die knie gekry word, die saad saai vir nog erger terreur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hanno Visagie ·

Die magsopbou wat tans in die wêreld aan die gang is, gaan in die afsienbare toekoms na ’n antichristelike nuwe wêreldorde lei waarin Israel se grondgebied verder gaan krimp totdat hierdie land deur ondergang in die gesig gestaar sal word. Jerusalem sal waarskynlik onder internasionale beheer kom en ’n multigodsdienstige karakter aanneem. Liberale, ekumeniesgesinde Jode sal met die valse messias saamwerk om hierdie transformasie te laat slaag (Dan. 11:32). Die uiteinde hiervan sal ’n ten volle ontplooide wêreldregering en alliansie van wêreldgodsdienste onder die beheer van die Antichris wees.Eers wanneer die ware Messias kom, sal ’n Christelike nuwe wêreldorde ingestel word met Jerusalem as hoofstad. Die grense van Israel sal dan aansienlik uitgebrei word, terwyl die kunsmatig geskepte Palestynse staat sal ophou bestaan. Sy inwoners sal of as “vreemdelinge” in Israel aanbly of terugkeer na die lande van hulle herkoms, naamlik Egipte, Jordanië, Libanon, Saoedi-Arabië en Sirië.

G Eloff ·

Identifiseer waar en wie is Israel . Nie daardie emmer katsand in die midde ooste nie hoor . Lyk dit soos die beloofde land daardie .Moenie jou laat ore aansit nie Hanno .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.