Nuuskommentaar: Ta’ Grietjie gegroet

Ta' Grietjie sing Lekker ou Jan

Ta’ Grietjie sing Lekker ou Jan

Skielik is daar ‘n leegheid, veel groter as die asempie wat ta’ Grietjie altoos was. Haar klein koppie met haar kenmerkende pienk kappie is vir oulaas neergelê.

Maar ta’ Grietjie is een van daardie mense wat haar leeftyd sal oorleef. Nog lank na die Namakwalandse son oor ta’ Grietjie se laaste rusplek loop sak het, sal mense nog “Dis ‘n lekker ou Jan” neurie, of ta’ Grietie in die geestesoog oproepe soos sy die riel kon dans dat die klippe spat.

So met haar seningrige gebreide lyf…

Ta’ Grietjie was op haar manier ‘n ambassadeur vir Garies en die Namakwaland, en veral die kultuur. Die kultuur van die streek se bruin mense deur wie se are nog ‘n sterk stroom Namakwa- en Namabloed vloei.

Op haar opgetoë manier het sy baie brûe help bou in ‘n land wat baie brûe nodig het.

Maar haar soort kom net eenmaal in ‘n leeftyd verby, en daarom is dit goed dat haar herinneringe haar leeftyd ruim sal oorleef.

Ta’ Grietjie is stellig reeds baie besig – daar waar sy nou in haar nuwe geweste die hemelinge die riel leer dans.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jj els ·

Herman, pragtige huldeblyk aan Ta Grietjie, dankie. Ta Grietjie, wees verseker, jy het jou merk in die lewe gemaak.

Ennes Swartz ·

Hier waar ons ver van die land wat huis noem, is, hier waar die son en die woestyn een raak, raak my hart sag en kry ek n knop in my keel as ek sulke huldeblyke lees van mense wat trotse spore in n nasie se paaie getrap het…..dankie Herman
groete uit Dubai – Ennes

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.