Alle handboeke in Limpopo afgelaai


“Alle leer- en onderrigmateriaal is Donderdag by skole in die Limpopo-provinsie afgelaai,” het die departement van basiese onderwys Vrydag gesê. “Ons sal aanhou om die situasie dop te hou om seker te maak dat alles inderdaad uitsorteer is. Die inbelsentrum is steeds operasioneel en sommige afleweringsmaatskappye sal vir enige noodgevalle beskikbaar wees.”

Die hooggeregshof in Pretoria het op 4 Oktober ‘n derde hofbevel toegestaan om die nasionale en provinsiale departement van onderwys te verplig om handboeke by die skole in die provinsie af te laai.