Boer in Namibië vermoor

ʼn Boer van Namibië is wreed met ʼn mes vermoor in ʼn poging om ‘n plaaswerkers se gesteelde fiets terug te kry.

Die Republikein berig dat Piet van Helsdingen (49) ten aanskoue van sy vrou en bure koelbloedig met ʼn mes gesteek is. Van Helsdingen, wat ongeveer 110 km buite Gobabis in die omgewing van Kroonster boer, is Dinsdagoggend deur een van sy plaaswerkers in kennis gestel dat ʼn ander werker se fiets die vorige nag gesteel is. Van Helsdingen moes na sy jarelange huisvriende, Hennie en Madeline van Niekerk, se melkboerdery sowat drie plase van sy eie af ry om aan ’n voertuig herstelwerk te gaan doen. Twee van sy plaaswerkers, insluitend die een wie se fiets gesteel is, is saam met hom. Op pad na die plas het hulle die fiets se spore gesien en toe hulle by die plaas aankom het hulle gevra of iemand die fiets gesien het.

Daar is aan hulle gesê dat ʼn werker wat op daai stadium by die melkstalle gestaan het, die fiets gehad het, Van Helsdingen het glo aan die werker gevra waarom hy fiets gesteel het as dit nie aan hom behoort nie. Die werker het hom glo vererg, ʼn mes uitgepluk en Van Helsdingen op die linkerslaap, wang en in die bors gesteek. Van Helsdingen se werker het glo probeer keer en is in die ahnd gesteek terwyl ʼn ander werker ʼn klip opgetel en die vermeende moordenaar daarmee gegooi het. Van Helsdingen is na ʼn hospitaal gehaas maar is met sy aankoms dood verklaar. Die vermeende moordenaar is op die toneel in hegtenis geneem en is tans onder polisiebewaking in die hospitaal en sal in die hof verskyn sodra hy ontslaan word.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.