Brandstofprys dalk gunstig vir vakansiegangers

petrol daalIndien die rand tot en met 28 November aanhou versterk tot sowat R10,00 teenoor die Amerikaanse dollar, kan vakansiegangers in Desember ʼn vierde agtereenvolgende geringe daling in die prys van petrol verwag.

Op die huidige vlakke van ongeveer R10,10 teenoor die dollar, met stabiele internasionale petroleumprodukpryse is daar egter tans steeds ʼn vooruitsig van ʼn styging van sowat 5c per liter in die prys van petrol, terwyl dit tans lyk asof diesel se groothandelprys slegs met enkele sente opwaarts of afwaarts aangepas sal word.

Die prys van 93-oktaan petrol in Gauteng was in R11,87 in November 2012 en R11,78 in Desember 2012. Die prys is tans 7,8% hoër, op R12,80. Die verskil tussen November 2011 en November 2012 se pryse was 12%, so vakansiegangers het vanjaar darem die skrale troos dat hulle persentasiegewys ietwat beter af is as verlede jaar.

“Daar is geen waarheid in die bewerings dat die regering brandstofpryse doelbewus in Desember en Januarie laat styg om sodoende meer inkomste uit die brandstofheffing te kry nie. Die brandstofheffing is ʼn vaste bedrag per liter,” het Paul Joubert, ʼn senior navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut, Dinsdag aan Maroela Media gesê. “Die regering se inkomste uit die brandstofheffing word dus slegs beïnvloed deur die aantal liter brandstof wat verkoop word. Dit styg nie indien die kleinhandelsprys styg nie. Histories gesproke het die prys van petrol ook in der waarheid buitengewoon selde in Desember en Januarie gestyg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.