Drie raadslede van die Nelson Mandela Bay Metro is dood toe hul voertuig omgeslaan het nadat hulle vir ʼn bees op die R72 naby Hopewell uitgeswaai het, het Arrive Alive Maandag gesê.
Tien ander persone is beseer toe die Toyota Quantum omstreeks 20:00 Sondagaand van die pad af gery en toe omgeslaan het, het woordvoerder Tshepo Machaea gesê. Die beseerdes is na hospitale in Port Elizabeth geneem. Dit is in hierdie stadium nie bekend of die voertuig wel die dier gestamp het nie, het hy gesê. Die Nelson Mandela Bay Metro Munisipaliteit kon nie vir kommentaar bereik word nie.