“Dronk” bestuurder wat glo fietsryer doodry op borg vrygelaat

André Gouws (27) wat glo ‘n fietsryer doodgery het terwyl hy onder die invloed van alkohol was, is Vrydag op borg vrygelaat.

Gouws het glo met ‘n T-hemp by die hof opgedaag wat die spot dryf met verantwoordelikheid, het die Herald Online Vrydag berig. Hy is op R5 000 borgtog vrygelaat.

Gouws het Sondagoggend glo vir Clem Morris, ‘n geoktrooieerde rekenmeester van Mill Park, in Kragga Kammaweg in Port Elizabeth van sy fiets afgery. Hy was glo onder die invloed van alkohol en wou glo van die toneel af wegvlug. Morris is op die toneel dood verklaar.

Gouws word van moord, dronkbestuur, en roekelose en nalatige bestuur aangekla.

Gouws se T-hemp het glo ‘n leuse opgehad: “Knap vermom as ‘n verantwoordelike persoon” (Cleverly disguised as a responsible person) en ‘n hewige debat het op Facebook hieroor ontstaan. Sommige lesers het hom “arrogant” en “sonder berou” beskryf. In sy beëdigde verklaring het hy aan die Morris-gesin om verskoning gevra. Hy sal tydens sy borgtog onder huisarres bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.