Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet

Dag 7 in die hof. Die minderjarige verdagte praat met 'n familievriend. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Dag 7 in die hof. Die minderjarige verdagte praat met ‘n familievriend. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Bewyse dui daarop dat verskeie skote van die Griekwastad-plaasmoordtoneel van binne die huis gevuur is, het die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley Dinsdag aangehoor.

Ao. Nosamose Nhlapo, ʼn ballistiese-kenner van die polisie, het getuig dat van die skade aan die kombuis se deur veroorsaak is deur geweerskote van binne die huis in die rigting van die agterdeur.

Regter Frans Kgomo hoor tans getuienis aan in die moordsaak van ʼn 17-jarige seun wat van die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella verdink word. Hulle is op 6 April 2012 omstreeks 18:00 op hul plaas Naauwhoek naby Griekwastad vermoor. Die tiener word ook aangekla van verkragting en dwarsboming van die gereg.

Die polisie het ná die voorval beslag gelê op ʼn .357-rewolwer en .22-geweer.

ʼn Koeëlgat van die .357-rewolwer is in die huis aangetref. Die koeël is deur die huis se muur en het ʼn skuur ‘n paar meter van die huis af, getref.

Nhlapo het getuig dat Deon twee keer met die .357-rewolwer geskiet is. Christelle en Marthella is een keer met dié rewolwer geskiet. Al die skote was in die slagoffers se borsgedeeltes.

Nhlapo het verder getuig dat Deon met die .22-geweer aan die linkerkant van sy nek geskiet is. Dieselfde geweer is gebruik om Christelle en Marthella in die kop te skiet.

Die hof het gehoor dat die rewolwerskote duidelik binne die skuur hoorbaar sou wees.

Die slagoffers se kledingstukke het negatief getoets vir kruitneerslag. Nhlapo het gesê daar kan verskeie redes hiervoor wees, soos byvoorbeeld om buite die afstand van die kruit te wees vir die neerslag om te vestig.

Die saak duur voort.

Lees ook:
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

Ek wens die kind wil 18 word dat hulle nou sy naam kan noem. Ons almla weet by nou al wie die moordenaar is.

Kaspaas Breekwater ·

Nou het ek lekker gelag – seker die mees logiese verklaring daarvoor ooit:

“Die slagoffers se kledingstukke het negatief getoets vir kruitneerslag. Nhlapo het gesê daar kan verskeie redes hiervoor wees, soos byvoorbeeld om buite die afstand van die kruit te wees vir die neerslag om te vestig.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.