Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella

Marthella Steenkamp

Marthella Steenkamp

WAARSKUWING: Besonderhede oor Marthella se beserings wat in hierdie berig vervat is kan sensitiewe lesers ontstel.

ʼn Kenner in chemikalieë van die polisie het Maandag bevestig dat geen kruitneerslag van ʼn vuurwapen op die hande van ʼn 17-jarige seun, wat van die Griekwastad-moorde verdink word, gevind is nie.

“Kruitneerslag kan maklik verwyder word,” het lt.kol. Thandiwe Mlabateki, van die polisie se forensiese laboratorium in Pretoria, gesê.

Sy getuig tans voor regter Frans Kgomo in die seun se hofsaak. Hy word daarvan beskuldig dat hy Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en hul dogter Marthella (14) doodgeskiet het. Hy word ook daarvan verdink dat hy Marthella verkrag het en staar ook ʼn aanklag van regsverydeling in die gesig.

Mlabateki het bevestig dat kruitneerslag maklik verwyder kan word indien mens se hande gewas word.

Staatsaanklaer Hannes Cloete het gesê die seun het minstens twee keer sy hande gewas voordat die toetse op hom gedoen is. Dit word nie betwis nie. Die seun se regspan het vroeër ʼn lys toegewings ingedien wat nie betwis sal word nie. Dit sluit die negatiewe toets op die seun se hande, ʼn negatiewe toets op die seun se sweetpakbroek, en positiewe toetse op twee van sy T-hemde: een op die voorkant en een op die voor- en agterkant, in.

Die hof het Maandag gehoor die manier waarop Marthella Steenkamp vermoor is, was oordadig. “Ek sien baie gewelddadige beserings. Hierdie was, in my opinie, oordadig,” het Lemaine Fouche, patoloog van die Noord-Kaapse departement van gesondheid, getuig.

Fouche het ook getuig oor vier skietwonde wat Marthella toegedien is: een in die bors en drie in die kop. Daar was ʼn ingangswond langs haar neus, een skoot het haar voorkop rakelings getref en sy is ook ʼn kopskoot van agter toegedien.

Fouche het ook getuig oor verskeie skraapmerke, kneuswonde en merke op haar linkerarm en hand. Sy het gesê dit is moontlik dat Marthella terugbaklei het.

Fouche het ook verwys na wonde agterop Marthella se kop. “Sy is dood weens ʼn paar skietwonde,” het sy gesê.

Sy het ook getuig oor ʼn rooi skaafplek op die meisie se geslagsdele. Sy sê dit dui op “penetrasie van een of ander aard” en “moontlik gedwonge” alhoewel daar ook ander verduidelikings kan wees. Volgens haar is Marthella sowat 24 uur voor haar dood egter kragdadig seksueel aangerand en, in regsterme, gepenetreer. “Enige penetrasie is seksueel, of dit nou vingers of enige ander voorwerp is,” het sy onder kruisverhoor gesê.

Cloete het aan die hof gesê die staat se saak sal wees dat Marthella eers in haar bors buite die huis geskiet is.

Fouche het ingestem, omdat daar gras op haar bebloede hemp was.

Volgens die staat het Marthella in die huis in gehardloop en probeer om ʼn telefoonoproep te maak, maar sy het by die telefoon inmekaargesak. “Sy sou in daardie stadium nie meer krag oorgehad het nie,” het Fouche gesê.

Fouche het aan die hof gesê die drie slagoffers het almal kopwonde gehad wat toegedien is net voordat hulle gesterf het.

ʼn DNS-kenner sal Dinsdag getuig.

Die saak duur voort.

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Justi ·

So jonk, so wreedaardig vermoor! Dit moontlik deur die persoon wie sy geken het en vertrou het! Dit was beslis fyn beplan. Hoe kan so n wreedaard nog die samelewing in die oe kyk? Hoe kan hy met sy gewete saamleef? Mag God hom vergewe want ek glo baie mense sal nie.

leon ·

Helo Justi. Ja die waar. Hoe kan hy nog loop en glimlag by die hof. As hy maar net weet hoe verag ons hom. Mag hy in die he’ll brand.

Justi ·

Hallo Leon. Ek stem saam met jou. Dis al plek waar geregtigheid vir sy afskuwelike, gierige dade sal seevier.

Maggie ·

Ag siestog Leon en Justi, en julle was by ne, die dat julle so maklik kan oordeel, gaan haal die balk uit julle eie oe, dan doen jul tenminste iets konstruktief, wonder wat gaan jul se as die kind onskuldig gevind word. Ek kan myself voorstel, en dan noem jul, julself christene.

Justi ·

Hallo Maggie. Jinne jy is aanvallend! Gaan lees weer oor asb. Bestaan die woordjie “moontlik” in jou woordeskat? Lekker aand hoor?

Peter Se ·

Vraag is, niemand anders is nog in hegtenis geneem vir die moorde nie, Maggie…Laat n mens dink ne, wie sou jy se is die skuldige/s mmmm ?

Daleen ·

My hart se dat die seun dit nie gedoen het nie, maar my kop dink anders. Die staat het ‘n waterdigte saak…….die feit dat die verdediging van die beskuldigde nie die teendeel kon bewys het nie laat mense wonder wat is die storie

Elize Mans ·

Ek,kan nie glo,dat as dit die seun is,waar sy krag vandaan gekom het.Om 3 mense so af te maai,en nie n hou of kneus plek te he nie,dit moet gedoen wees.Ek is so geskok,as dit die seun is,hoe hy dit reg gekry het,om sy hele familie uit te wis.
Dit kan net gedoen word,as die kind in n ander wereld geleef het daardie tyd.Want om so wreed op te tree,was daar erens n skroef los in sy kop.Dit is tragies.En dit lyk so n goeie familie,die arme dogter,wat se vrees moes sy ne deur gemaak het nie.

rene de villiers ·

Dit kan maklik wees want hul sou dit ni verwag het van hul seun

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.