Volksblad berig dat ʼn ingeligte aan die dagblad gesê het dat daar tydens die lykskouing ʼn kneusplek naby haar geslagsdeel opgemerk is maar dat dit glo nie met die moorde, verkragting of molestering verband hou nie. Dit kan glo toegeskryf word aan gereelde perdry of ʼn worsteling. ʼn Sondagkoerant het vroeër berig dat Marthella glo gemolesteer is en dat haar pa, Deon, daarvan uitgevind het en dit glo tot die moorde gelei het. Deon, sy vrou Christel en Marthella is op Goeie Vrydag in hul plaashuis buite Griekwastad vermoor. Die 16-jarige verdagte verskyn Maandag in die hof op Griekwastad en sal daar waarskynlik besluit word of hy op borgtog vrygelaat gaan word.
Lees meer hier.