Groot Gat-hond is gered!

Foto: ER24EMS

Foto: ER24EMS

Lees ook: Groot Gat-hond maak goeie vordering; aansoeke vir aanneming ontvang

‘n Hond wat ‘n paar dae gelede in die Groot Gat by Kimberley in die Noord-Kaap beland het, is Saterdag net ná 12:00 gered.

“Die hond is gered, hy is op die oppervlak en sal versorg word,” het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê.

Die reddingspan het Saterdag vyf ure lank gespook om hom na veiligheid te bring. Jackson het vroeër gesê die reddingspan moes ankers span om die reddingswerkers te stabiliseer en in die groot gat af te sak. ‘n Reddingspan van sewe mense het in die gat afgesak. Hulle het mekaar stabiliseer en ondersteuning gebied.

“Slegs een persoon, ao. John Seeley van die polisie se soek- en opsproringseenheid, het die laaste paar meter afgesak om die hond te red,” het sy gesê.

Dit het baie paaiwerk van Seeley gekos om die hond oor te haal om saam met hom te gaan. Hulle is uiteindelik met ‘n harnas vasgemaak en met ‘n groot kabel na bo getrek.

Die gat is ongeveer so diep soos ‘n 50-verdiepinggebou. Weens die afstand en terrein was dit nie moontlik om kos by die hond uit te bring nie.

Die hond het ‘n kliprandjie gehad waar hy kon opklim om kort-kort te rus en kon van die water uit die gat drink.

‘n Helikopter, wat deur die sanger Kurt Darren en sy vrou Dunay geborg is, is Saterdagogend vir die reddingspoging ingespan. Weens die gevaar wat dit egter vir die helikopter ingehou het, kon ‘n reddingstou nie naby genoeg aan die water kom nie.

Die reddingspoging is deur die SAPD gekoördineer met bystand van ER24, die brandweer en De Beers.

Lees ook:
Groot Gat-hond: Reddingspoging duur voort
Kurt Darren kom moontlik tot hond se redding
Reddingspoging ná hond in Groot Gat beland

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Bettie Goosen ·

Knap gedaan vir julle lewensredders,, die hond is seker nou baie bly en dood van die honger. Dankie aan die diere liefhebbers.

Elsabe van der Ryst ·

Wat ‘n wonderlike span!!! Aan elkeen ‘n baie persoonlike DANKIE, DANKIE!!!! En die outjie wat die hond laaste oortuig het om saam te kom – ek kan glo die diertjie se hart het woes geklop – BAIE DANKIE!!!

Wessel ·

Hoe groot is hierdie hond se “GAT”??? Welgedaan ER24, Kurt Darren en al die persone wat daarby betrokke was. Goed om te weet dat daar baie mense is wat nog omgee.

Barbara ·

Ek is onbeskryflik dankbaar dat die reddingspan vir vierpoot kon red :) Die vordering met sy redding was vir my n hoendervleis episode.Mag hy gou aansterk en op sy pos wees .
Dankie , weereens baie dankie , julle is tops !!

HELENA SEABORNE ·

so wonderlik om te sien daar is nog mense wat soveel vir diere omgee. dis wonderlik. dankie vir julle.

Maria Kolesky ·

Ons was, ieder en elk, aangegryp deur die benarde posisie waarin hierdie pragtige dier was, asook die reddingswiel wat aan die rol gesit was. Aan almal betrokke, baie dankie, julle is sowaar helde. Met hierdie heldedaad agter die rug, het jul rede om trots te wees op julself. Ons kan by hierdie pragtige hond leer wat werklike uithou vermoë is!

Petro Smit ·

Baie dankie Kurt, Dunay, en almal wat betrokke was by hierdie reddingspoging. Ek haal my hoed vir julle af.

Theresa Erasmus ·

Baie dankie aan elke liewe een wat deel was van die reddingspan om Kaptein uit die gat te red. Vandag kan ek waarlik sê ek is trots Suid Afrikaans.

Stephanus Nel ·

Niemand rep ‘n word oor die hond se eienaar nie.
Weet julle iets van die eienaar, was die ook betrokke of is die dood, ek wonder maar net.

Elvira ·

Wonderlik ek is so bly ons doen soveel moeite om ‘n hond te red, gewoonlik word sulke reddings pogings net in ander lande gedoen of ons sien en hoor te min daarvan in ons eie land.

emily badenhort ·

die eerste woorde wat ek ge-uiter het toe ek lees die hond is gered was “dankie :Liewe Jesus”- ‘n Groot dankie aan die persone wat die moed gehad het om die hond te red asook aan Kurt en sy eggenote.

Marianne ·

Baie dankie aan elkeen wat hgehelp het om Kaptein Seeley te red! Daar is hoop vir ons almal as sulke reddingspogings nog op so ‘n manier ‘n hele nasie kan aangryp.

Jean Alberts ·

Dis absoluut fantasties -so bly die hondtjie is veilig -wat n brave hond wat soveel dae honger gely het -Dankie aan almal wat hulle lewens in gevaar gestel het om die vierbeen hondekind te red -julle is almal Heroes en dis fantasties om te weet daar is mense soos julle wat vir dier so baie omgegee -baie dankie -en n GROOT dankie aan Kurt Darren en sy vrou wat die helikopter se geborg het mag julle rylik geseen wees -die hondtjie se naam moet Survivor wees wat hy het Survivor deur als .

Lientjie Schwim ·

Sjoe, ek kry hoendervleis en so ‘n lekker warm gevoel in my binneste as ek hoor van hoe opreg en vol liefde mense vir ons dierekinders is! Baie baie baie dankie John Seeley vir jou moed en bereidwilligheid! Dankie ook vir die res van die reddingspan vir julle opregte omgee en liefde om so ‘n taak uit te voer!

Linda krugel ·

Well done to the heroes for saving this animal! It says a lot about a nation that cares for its animal kingdom. Thank you for your bravery. God bless you each and everyone….and the dog

Magda Minnaar ·

Baie dankie vir elkeen wat meegehelp het om die hond te red. Diereliefhebbers het die hele episode met opgehoude asems dopgehou.! Ek dink die hond moet Kaptein Kimberley genoem word.

Mariaan Smit ·

Julle is absoluut wonderlik!! Ons almal hier aan die Weskus dink julle het uitstekende goeie werk gedoen!! Groot dankie aan die reddingspan!!

Weskus Groete!!

ARENDA ·

GROOT WAARDERING AAN DIE REDDINGSPAN BRAVO, BRAVO. OOK AAN KURT DARREN . EK WONDER HOEVEEL MENSE WEET DAT N DIER NIE VEEL VRA NIE, NET LIEFDE, KOS EN WATER EN BYSTAND VAN N MENS . KYK IN N DIER SE OE, HY VRA NIKS ANDERS AS LIEFDE NIE.

SEENWENSE AAN ALLE DIERE REDDERS ORAL

OVERBERG

ARENDA ·

Dankie is TE n klein woordjie om die reddingspan te bedank, hulle verdien meer ook Kurt Darren die mooi man
n dier vra niks meer as liefde , kos en water en bystand as hy siek is. kyk in n dier se oe, dis al wat hy vra.
weereens, bravo aan die reddingspan

uit die Overberg

pierre B. de Villiers ·

Ek kan net dink hoe almal betrokke moes voel, want ek het jare gelede `n klein wankelrige katjie uit die top van `n boom gered. Almal onder die boom was sunuagtig, totdat die katjie met haar klouende naels veilig in my hande was.
Daarna was daar `n gejuig en handeklap.
`n Ander dag het ek toevallig met my bakkie by `n sementdam buite Stellenbosch verbygery en besluit om te stop. Binne-in die halvol dam was twee groot “doubermans”. Hulle was erg uitgeput, want die wal was te hoog en die water te diep; dus moes hulle swem vir oorlewing. Ek het ingespring en hulle gehelp om “bo te bly”, nadat die brandweer ontbied is.
Ek was self uitgeput van moegheid toe die brandweer opdaag, want die honde wou letterlik bo-op my klim en hulle was swaar. Wel gedaan manne, dit is `n lekker gevoel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.