Hoof gebruik skoolfonds vir reis

Die skoolhoof van Hoërskool Westridge in Roodepoort, Johannesburg, is vir twee maande lank sonder salaris geskors nadat hy glo ‘n reis na Zimbabwe met die skoolfonds onderneem het.

“Sydney Mashige, skoolhoof, en Smanga Toli, tesourier van die skoolbeheerliggaam, het saam die bruilof van twee paartjies in Desember 2011 in Zimbabwe bygewoon,” het Barbara Creecy, LUR vir onderwys in Gauteng, Dinsdag gesê, berig The Star. Dit is nie duidelik watter verhouding die paartjies met die skool gehad het nie. Mashige en Toli het sowat R27 000 van die skoolfonds gebruik.

Die uitgawe is op 21 November 2011 deur Mike Thusi, voorsitter van die skoolbeheerliggaam, op een van die skool se briefhoofde goedgekeur. “Beide afgevaardigdes moet ten volle vergoed word vir hul reis en drie nagte se verblyf in Zimbabwe en beide sal ‘n toelaag van R850 per dag vir die drie dae ontvang,” lui die brief.

Creecy sê stappe is reeds teen Mashige gedoen. “Die skoolhoof is vir twee maande lank sonder salaris geskors. Die departement kon van die fondse herwin.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

HIerdie ongehoorde optrede van die voorsitter en tesourier van die skool se beheerliggaam sowel as die skoolhoof, gaan ‘n mens se verstand te bowe.

Is dit nie dalk die waningeligdheid van die meerderheid van die amptenare in die staatsdiens wat meebring dat daar soveel wanadministrasie en wanaanwending van fondse is nie ? Die kommerwekkende is dat die oortreders in meeste gevalle senior beamptes is – hulle wat die voorbeeld behoort te stel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.