Identiese vierling is ʼn “wonderwerk”

Dokters by ʼn kliniek in die ooste van Duitsland het die geboorte van ʼn identiese vierling as ʼn wonderwerk beskryf.

Laura, Sophie, Jasmin en Kim is 10 weke vroeg gebore maar dokters sê hulle staan ʼn goeie kans op oorlewing. Al vier die dogtertjies het minstens ʼn 1 000 gram geweeg by hulle geboorte op 6 Januarie. Die vierling is natuurlik verwek en met behulp van ʼn keisersnee gebore. Die vier se 31-jarige ma is in goeie gesondheid. Sy het slegs 10kg opgetel gedurende haar swangerskap. Identiese vierlinge is uiters seldsaam en die kans om geboorte te gee aan so vierling is 1 uit 13 miljoen. ʼn Identiese vierling word gevorm wanneer ʼn bevrugte eiersel kort na bevrugting in vier deel. Volgens berigte is daar slegs sowat 60 stelle identiese vierlinge in die wêreld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.