Johan Kotzé geskuif ná selmaats kla

Johan Kotze

Johan Kotzé, die sogenaamde Modimolle-monster, moet glo na ‘n ander eenheid geskuif het ná klagtes deur sy selmaats oor laataandoproepe na familielede en vriende.

Die verhoorafwagtende Kotzé word by ‘n detensiesentrum in Pretoria aangehou, maar die aangehoudenes wat ‘n sel met hom gedeel het, het gekla dat hy aanhoudend in die aande selfoonoproepe maak, berig Pretoria News. Koos Gerber, waarnemende adjunk-bevelvoerder vir kommunikasie by die departement van korrektiewe dienste, het bevestig dat Kotzé na ‘n ander eenheid, waar hy beter gemonitor kan word, verplaas is. “Oproepe na familie en vriende is ‘n luukse, en hoewel dit onwettig is, sal aangehoudenes en gevangenes hul bes probeer om ‘n selfoon in die hande te kry,” het Gerber gesê.

Gerber se aangehoudenes word slegs onderwerp aan die beperkings wat nodig is om sekuriteit en goeie orde in korrektiewe sentra te handhaaf. Aangehoudenes kan dus soveel oproepe maak soos wat hulle wil. “Die aantal oproepe kan deur die sentrumbestuur beperk word indien die behoefte ontstaan,” het hy bygevoeg.
Elke vloer het glo ‘n telefoonvertrek met vier publieke telefone. “Dié vertrekke word na 17:00 in die aand gesluit en enige ander oproepe wat later in die aand gemaak word, is óf ongemagtig óf van ‘n selfoon wat onwettig in die sentrum ingesmokkel is,” het hy gesê.

Kotzé en drie medebeskuldigdes staar 17 aanklagte in die gesig insluitend verkragting, sameswering tot moord en ontvoering. Hulle saak kom in November in die hooggeregshof in Pretoria voor. Kotzé het na bewering sy stiefseun, Conrad Bonnette, in Januarie doodgeskiet. Hy het glo ook drie werkers gehuur om sy vervreemde vrou, Ina Bonnette, te verkrag en haar liggaam te skend. Hy het glo ook haar seun, Conrad (19), doodgeskiet.

Daar is vroeër berig dat Bonnette vreemde oproepe ontvang het net voordat Koté in die hof verskyn het. Bonnette het Donderdag gesê sy ontvang steeds vreemde telefoonoproepe op vreemde ure van die dag. “Die laaste oproep was sowat ‘n week gelede. Dit is altyd dieselfde – iemand wat in die foon asemhaal of histeries lag,” het sy gesê. Onlangs het iemand ook glo “bel my asseblief” (“please call me”)-SMSe begin stuur. Wanneer sy die nommer bel, lag of haal die persoon net asem, het sy bygevoeg. “Ek bel telkens terug, aangesien dit dalk een van my kliënte kan wees,” het sy verduidelik. Sy wil egter nie spekuleer wie die oproepe maak nie.

Gerber sê telefoonoproepe uit die sentrum word nie gemonitor nie, aangesien die administratief onmoontlik wou wees. “Daar is verskeie maniere hoe aangehoudenes ‘n selfoon in die hande kan kry” het hy gesê. “Sommige van die aangehoudenes steek die selfone só weg dat hulle die selfone nie opspoor wanneer ‘n gewone deursoekproses gevolg word nie. Hulle steek die selfone soms in liggaamsholtes weg wat dit baie moeilik, indien nie onmoontlik nie, maak om dit op te tel,” het Gerber gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lothar ·

Die vark! Hy moet meer as ‘n selfoon in sy gat opgedruk kry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.