Kinders se ouers, ouma sterf in gru-ongeluk

Diandré van Schalkwyk. Foto: Facebook

ʼn Nege maande oue babameisie lê in traksie in die Polokwane- provinsiale hospitaal ná ʼn gru-ongeluk waarin haar ouers en ouma gesterf het.

Beeld berig dat Diandré van Schalkwyk haar neus gebreek en diep snye aan haar gesig opgedoen het in die botsing waarin haar ouers, Rossouw van Schalkwyk (24) en Chanél Swart (20), en haar ouma, Hester Swart (38), dood is. Haar 3-jarige boetie Dian is ook in die ongeluk beseer maar is reeds uit die hospitaal ontslaan. Die ongeluk het verlede Donderdag gebeur toe die gesin se 1980 Volkswagen Jetta reg van voor teen ’n bakkie gebots het op die pad van Levubu af na Makhado. Nuus oor die ongeluk het gister soos ʼn veldbrand versprei op sosiale netwerke soos Facebook en Twitter. ʼn Ondersteuningsgroep – “Baba Diandré van Schalkwyk” – is intussen op Facebook geskep. Diandré en Dian sal nou by hulle ander ouma bly.

Lees meer hier.

Nico Strydom Geskryf deur Nico Strydom
Nico is 'n joernalis by Maroela Media.

Lewer Kommentaar