Malema-bedrogverhoor tot volgende jaar uitgestel

Julius Malema in die hof. Foto: EWN / Twitter

Julius Malema in die hof. Foto: EWN / Twitter

Die korrupsiesaak teen Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV), is Maandag in die Polokwane hooggeregshof tot volgende jaar uitgestel. Die verhoordatum is van 30 September tot 31 Oktober bepaal.

Malema sal egter volgende Donderdag en Vrydag ʼn vertoë aan die regter waarom die saak nie aangehoor moet word nie.

Malema het, nadat die hof verdaag het, ontken dat hy geld van Suid-Afrikaners gesteel het en gesê daar is geen “diewe in sy familie” nie.

“Ek sal julle nooit bedrieg nie. Ek het nie van julle gesteel nie. Ek sal nooit van julle steel nie. Ek sal dit nooit doen nie,” het hy aan sy ondersteuners buite die hof gesê.

Malema word daarvan beskuldig dat hy nagenoeg R4 miljoen gewin het uit korrupte aktiwiteite. Hy is tans uit op borgtog van R10 000 en staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en afpersing. Sy medebeskuldigdes is voormalige sakevennote Kagisho Dichabe, Lesiba Gwangwa, Helen Moreroa en Makgetsi Manthata. Hulle is almal vroeër op borgtog van R40 000 elk vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

leon ·

Goeie d@nner hoekom n hele jaar????? Almal het dit geweet dat die skelm gaan n haas uit die hoed trek.

ETER ·

Lekker Malema ons worry nie oor jou nie ons worry liewer oor n Leeu wat geskiet is ……….

AmY ·

Slim, baie slim. Na volgende jaar se verkiesing, gaan hy ‘onaantasbaar wees’, so sterkte’

Rageltjie ·

Kon hierdie kommentaar nie gekrap word nie?? (eff) “we” al klaar alles – die plase, die geld, die huise, en mense se “dignity”!!!

Justi ·

Ek lewer eerder geen kommentaar op hierdie skrywe nie.

Sal beslis iets kwytraak wat nie mooi is nie.

Seg ·

Rageltjie die kommentaar spietkops is baie bedrywig. Net ‘n skewe woord en jy word van die veld gejaag.

AmY ·

Liewe Mnr EFF… Jy mag maar my huis kom vat, maar onthou net een ding: Daar is ‘n verband op daai huis. En dan is daar ook erfbelasting en water en ligte wat elke maand betaal moet word. As jy ons almal se huise aan jou breinlose ondersteuners belowe, laat weet hulle hulle moet betaal, want as hulle nie betaal nie, gaan hulle eie leier wat ook dan die banke gaan hê dalk daai eintste huis moet terug neem. Want anders gaan al sy banke bankrot gaan.

Erich Goosen ·

Hierdie lang uitstel voorspel niks goeds nie. ‘n Uitgelekte ouditverslag dui ook blykbaar op die moontlikheid dat daar nie ‘n sterk saak teen JM is nie.

Rageltjie ·

Nee kyk! Mens is nie meer lus om mooi versies aan te haal en te se die “wiel draai nie” Blykbaar is daar nie so iets soos ‘n draaiende wiel of windpomp of watookal vir die onregverdigheid in hierdie land nie…

marlon ·

daars n groot ding agter als,

hoekom geld steel en dan se jy… jy het dit nie gesteel nie !! hoekom mense in beheer sit soos malema as hy dit nie kan beheer nie en nog verder steel hoekom nie imand in sy plek sit wat sy werk ken en kan n leier wees vir sy land!..al di werld se inkomste en btw gaan net soo vir nuwe kare en huise en waardevole goed soos malem se vrou of altans sy meisie wat skoene draa wat vir haar gemaak was..en waar elke een van sy familie n crediet card het en waar hy en sy famielie elke maand gaan vekansie hou!!..met btw en geld wat hul steel ..die dissel en btw is soo hoog elke maand dit raak al hoor hoekom >!! want die geld word gesteel as hul nie ophou di geld steel sal di land soos einige ander wees die land gaan elke dag agter uit di straate word nie mee eers skoon gemaak nie di gras langs di teer paaie word nie eers gesny nie hul verander al di naam borde hoekom dis net om geld temors stel eerder mense aan om di straat paaie en gemors wat di mense weg gooi skoon temaak .. kyk oor see di straat paaie is soo skoon neh dit lyk soos mense wat wil werk hulle kla elke dag di mense het nie werk daars honderde mense wat by di huise sit hoekom nie vir hulle die werk gee om di straate skoomn temaak en om di gras en pleke skoon temaak nie .. nee want hoekom hulle warie nie oori straate nie maar wil dit in n ordentlike menier se hul weet di land gaan agter uit ..houop geld steel eendag voorintoe gaan die geld kla wees wat al kla soos is en dan gaan di presedent altans as zuma malema al di hoe pose ook sonder geld sit hulle dink net aan nou as geld .. di geld is al lankal kla hulle weet dit en di land gaan agter uit sit ander mense in beheer dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.