Man afgedank ná hy ‘Modimolle-monster’ op Facebook ‘loof’

George Stegmann Foto: Facebook

George Stegmann, ‘n eiendomsagent van Bloemfontein in die Vrystaat is afgedank nadat hy die sogenaamde ‘Modimolle-monster’ glo op Facebook geloof het.

Stegmann, wat vir Aïda gewerk het, is Woensdag afgedank nadat Volksblad sy Facebook-inskrywing publiseer het, berig Beeld. Stegmann het op 25 November geskryf: “Julle vrouens dink julle kan weg kom met feitlik enig iets en julle mans so treiter. Daar loop nog baie blanke Joan Kotze’s rond wat baie kreatief is. Ek het mos gesê daai girl het getender vir moeilikheid. Mag arme Johan Kotze nie die tieties wat hy betaal terugneem as ander manne daarmee speel nie. Mooi so Johan, ek is bly daar is manne wat nie net met hulle hande in hl sakke sit en toekyk nie.” [sic]

Kort ná die inskrywing het Stegmann beweer hy het ‘n grap gemaak.

Hy het Vrydag aan Volksblad gesê dat hy “nie kan glo mense dink hy het bedoel wat hy geskryf het nie”. “Dit het baie skade aangerig. Ek sal maar net ‘n ander werk moet kry. Al wat sleg is, is my twee kinders,” het hy aan Volksblad gesê.

Stegmann gaan nie sy afdanking betwis nie.

Hy het die volgende dag geskryf: “Weet julle, toe ek ‘n misscall op my telefoon kry v ogg en ek skakel terug, was dit my Bestuurder wat geantwoord het. Baie vriendelik (regtig) is daar vir my gesê dat ek afgdank is as gevolg v dit wat in die Volksblad verskyn oor my. Mooi gergroet, alhoewel ek nog nie die koerant gesien het nie. Skakel ek my prinsipaal en noem wat my bestuurder gesé het en dit sal sleg vir die naam vd besigheid wees. Feitlik 6 woorde is gepraat. Dit het gevoel of daar kliënte in sy kantoor is hy, nie nou met my kan/wou praat nie. ‘.. ja dit is so, dit sal ons skade doen om jou te behou. Raait, ‘baai’.

Snaaks dat ek ‘n kalmte in my kry en ek gaan koop die Vloksblad. Blaai, blaai, blaai en hier sien ek die windgat foto v my, was blykbaar maar altyd ‘n bietjie .. miskien meer. Maar die kalmte wat ek in my het pla my. Hier het so paar pêlle gebel en een ht nogal gesê ek moet nie ‘weer die bottel vat’. En dit is dit.

Later toe dink ek weer aan die mense wat geld gesteel het, bedrog gepleeg het ens. Daar word ‘n eerste, ‘2de en selfs ‘n 3de waarskuwing gegee. versoening en arbitrasie vind plaas. Daar is soveel komitees wat aangestel word, soveel maande wat verbygaan .. met volle betaling.. om hierdie saak te ondersoek. Dan begin hulle by die Landroshowe tot in die Grondwethof.

Sover ek weet, het ek nie een wet v hierdie land oortree. Ek het wel ‘n paar mense kwaad gemaak, ja. As enige mens net weet wat in my hart aangaan. Hoe uit verband die hele aangeleentheid geruk is. ‘n Sosionale netwerk waar ons gekskeer, saamstaan, verskil, ‘n klip in die bos gooi. Dan praat ek nie eers v vryheid van spraak nie.

In hierdie situasie was nie wenners nie, net ‘n verloorder.” [sic]

Kotze, Andries Sithole, Pieta Mohlane en Frans Mphaka word van die moord op die 19-jarige Conrad Bonnette op 3 Januarie 2012 aangekla. Hulle word ook van die ontvoering, erge aanranding, herhaaldelike verkragting, en poging tot moord op Ina Bonnette, Kotze se vervreemde vrou.

Die saak is uitgestel en sal weer op 4 Februarie 2013 ‘n aanvangs neem.

Lees ook:
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Mev E J Otto ·

Dis so nice om te sien daars nog mpye wat verkragting vroue aanranding en moord afkeur en voorstaanders daarvan in die pad steek Ek salueer julle en mnr Grootmond Moes aan jou kinders gedink het toe jy hul wys hoe hul pappa dink! Siestog

vatniek@knie ·

Mnr Stegman (en al die ander mense wat dink die Net bestaan in een of ander beskermde bubblle universe); dink aan wat jy se op lyn!! Voor jou vingers oor daai keyboard begin vlieg en die eerste reptiel-brein uitlating betik; vra jou self of jy hierdie uitlating in ‘n hoe profiel dinee sou maak. As jy onseker is; los dit maar; kanse is jou emosionele, non-denkende kant wil so bietjie uiting gee!
Dit mag dalk so paar jaar terug geen impak gehad het nie; maar geen hoekie van hierdie universe is in die donker nie!
Wel gedaan aan AIDA vir hulle onmiddelike hardelyn optrede!
‘Bad things happen when good people do nothing!’

Yvonne ·

Mnr Stegman, hoe inherent verdraaid moet jou konsep van ‘n grap wees, dat jy die monster se gedrag in die publiek goedkeur? Jy is siek en kort dringend hulp. Verder, kan jy ook die situasie wat JY veroorsaak het, manipuleer en jouself as die slagoffer vertolk. Ina en Conrad Bonnette is die slagoffers. Dit is verskriklik hartseer dat kinders onder jou invloed moet grootword.

Tante Afrikana ·

Ja dis nou wanneer jou bek maak dat jou gat slae kry . Mense moet net altyd onthou dat wat as grap bedoel word, nie altyd so verstaan word nie.

Gibson ·

Arme siek idioot. As hy sulke “grappe” kan maak het hy mos sulke gedagtes. Stel ‘n voorbeeld vir jou kinders!!! Of gaan hulle ook soos jy ‘n 2de Modimolle Monster wees???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.