Man kry gesteelde fiets dieselfde dag nog terug

John Wilkonson van Kaapstad het sy R65 000 pasgemaakte bergfiets op dieselfde dag wat dit gesteel is, weer teruggekry.

Wilkinson se Santa Cruz-fiets is verlede Donderdag uit sy motorhuis gesteel, nadat hy dit slegs vir ‘n paar dae gehad het. Hy het die fiets later dieselfde dag op die webwerf, Gumtree, opgespoor en toe ‘n vriend, Waleed Baker, wat ‘n motorbandewinkel besit, gebel en gevra om hom te help om die fiets terug te kry.

“Ek het gereël dat hy op die advertensie reageer en die persoon het met Waleed in verbinding getree. Die persoon het by Pitstop (‘n winkel) opgedaag en ek het in die kantoor gewag terwyl Waleed met hom gesels het,” het Wilkinson gesê. Wilkinson het uit die kantoor gekom, sy fiets uitgeken, en aan die man gesê dat hy in besit is van gesteelde goedere. Baker het die fiets gevat en die man het weggery. Die polisie in Milnerton moet hom nog vastrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.