ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê die bestuurder het beheer verloor die bakkie voor dit teen ʼn grondwal opgery het en af gerol het. Al die passasiers is van die bakkie geslinger. Banks sê die ongeluk het omstreeks 9:30 Woensdagoggend plaasgevind sowat 2km van die Midmar Dam-afrit. ʼn Man in sy laat 20’s is op die toneel dood. Van die sewe mense wat ernstig beseer is moes vyf mond-tot-mond-asemhaling kry. Die ander vyf passasiers is lig beseer. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Man sterf, 13 beseer in Howick-ongeluk
Vorige Artikel: Somaliërs gevra om steun te werf vir vrylating van SA gyselaars
Volgende Artikel: Seekostert
