9 Kommentare

  1. Deana 22 November 2013 om 11:00 | | Antwoord | Rapporteer

    Ek kom baie goed klaar sonder ‘n huishulp, selfs my kruideniersware en eetgerei hoef nie meer op ‘n gereelde basis aangekoop en vervang te word nie.

  2. Justi 22 November 2013 om 11:02 | | Antwoord | Rapporteer

    Dankie tog ek het geen huishulp nie.

    Die verhoogde salarise is verstaanbaar want die lewenskoste styg daagliks.

    Die gevalle waar hulle jok en se die werkgewer het hulle so gevloek en dit en daai en die volgende gese, terwyl dit nie so is nie………..nee wat. Weereens hou verby.

    Jy kry seker mense wat bar is wat die huishulpe lelik behandel.

    Ek glo daar is soms baie keer n rede daarvoor. Want as iets “voete” gegroei het of gebreek het…………is al wat jy as antw by hulle kry……….” I don’t know’ selfs al is jy die enigste inwoner in jou huis.

    1. Kenko 22 November 2013 om 12:01 | | Antwoord | Rapporteer

      Ons is baie gelukkig met die dienste wat ons huishulp lewer. Altyd stiptelik, netjiese werk en vriendelik. Waarskynlik omdat ons haar ver bo die minumumloon betaal en haar behandel soos ons graag behandel word. In ons besigheid geld dieselfde en lewer ons werkers uitstekende diens.

  3. Hans 22 November 2013 om 11:03 | | Antwoord | Rapporteer

    En so is my huishulp nou sonder werk….kan dit nie meer bekostig nie! Dis reg ANC julle laat julle eie mense sonder werk nsit deur hulle onbekostigbaar te maak

  4. annette 22 November 2013 om 11:38 | | Antwoord | Rapporteer

    Ek het n huishulp wat op Maandae werk. van 9.00 tot 1.30. kan iemand my se wat is die loon dan. dankie

    1. Griet 22 November 2013 om 13:29 | | Antwoord | Rapporteer

      Die minimumloon van huishulpe wat minder as 27 uur per week werk sien soos volg daarna uit:
      Gebied A: R11.27 per uur
      Gebied B: R9.80 per uur

  5. Anton 22 November 2013 om 14:14 | | Antwoord | Rapporteer

    Verstaan ek reg dat Nelspruit dan onder gebied A val?

  6. Max 22 November 2013 om 22:05 | | Antwoord | Rapporteer

    Kenco, mooi man stel die voorbeeld hoe dit eindelik moet werk. Ek sal nooit sonder my huishulp gaan nie, sy is my regterhand en verdien om met respek behandel te word.

  7. Freddie 19 Desember 2013 om 18:20 | | Antwoord | Rapporteer

    Ek wonder so half onwillekeurig… Hoe kan iemand oorleef op R9.63 per uur? Myns insiens is dit nogsteeds te laag…
    As jy jou eie huis wil skoon maak omdat dit te duur raak, doen so voort. Maar moenie kom met “dis te duur nie”… Ek wonder hoeveel verdien jy as jy kla dit dit “te duur” is…

Sê jou sê, maar...

Maroela Media hou van 'n lekker warm debat en wil aan alle kuiermense die geleentheid gee om hul mening te lug. Ons sal egter geen rassisme, seksisme, homofobie, vieslike persoonlike opmerkings, ander vorms van haatspraak of kru, kras en vuil taal duld nie. Maroela Media behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder. Moenie die oom of tannie in die familie wees van wie niemand hou nie.

Lewer Kommentaar