‘Modimolle-monster’: Die volledige uitspraak

Johan Kotze en sy medebeskuldigdes (van links) Andries Sithole, Frans Mphaka en Pieta Mohlane Foto: Werner Beukes/SAPA

Waarnemende regter Bert Bam het Maandag in die sogenaamde ‘Modimolle-monster’-saak ook uitspraak gelewer oor aanklagte wat verband hou met die verkragting van Ina Bonnette.

Johan Kotze en Andries Sithole is Maandag in die Pretoriase hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op Ina se seun, Conrad.

Die ander twee beskuldigdes, Pieta Mohlane en Sello Mphaka is vrygespreek op die aanklag van moord op Conrad.

Al vier mans is skuldig bevind aan die ontvoering en vier klagtes wat verband hou met die verkragting van Bonnette. “Dit is duidelik dat al vier skuldig is,” het Bam gesê.

Kotze is ook skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig, maar nie aan die ernstiger klag van poging tot moord nie.

ʼn Vriend het ná die uitspraak, terwyl Bonnette na die vier mans in die beskuldigdebank gekyk het, gesê: “Jy mag maar huil, Ina Bonnette. Jy mag maar huil.”

Bonnette het gesê sy is “oukei” met die uitspraak. Sy wou nie verder kommentaar lewer nie.

Kotze het vriende in die hof omhels voordat hy na die aanhoudingselle geneem is.

Hy het skuld ontken en aangevoer dat hy nie strafregtelik aanspreeklik gehou kan word vir sy dade op 3 Januarie 2012 nie. Sithole, Mohlane en Mphaka het aangevoer Kotze het gedreig om hulle te skiet as hulle nie sou saamwerk nie.

Medupi Simasiku, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, het die uitspraak verwelkom. “Ons is tevrede en hoop dit bring berusting vir die familie.” Hy hoop dat die uitspraak as ʼn les sal dien dat soortgelyke misdade nie ongestraf bly nie.

Die saak is tot Dinsdagoggend uitgestel vir argumente ter versagting of verswaring van vonnis.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’: Uitspraak gelewer
‘Modimolle-monster’ het medebeskuldigde 48 keer gebel‘Modimolle-monster’: Uitspraak volgende week gelewer
‘Modimolle-monster’: “Ina se getuienis kan nie vertrou word nie
‘Modimolle-monster’: Verdagte is MIV-positief
‘Modimolle-monster’: Ina se eksman getuig
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel vir getuies
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
Sielkundige getuig oor ‘Modimolle-monster’
‘Modimolle-monster’: Nuwe sielkundige bewyse 
‘Modimolle-monster’: Vermeende verkragter bang vir polisie
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
‘Verkragters’ gelukkig om wit vrou te kry, hoor hof
‘Modimolle-monster’ het aanval glo “haarfyn beplan”
‘Modimolle-monster’: Sithole het glo gehuil
‘Modimolle-monster’ en Ina het glo ooreenkoms gehad
‘Modimolle-monster’: “Ons is gedwing” 
‘Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
‘Modimolle-monster’: Kliniese sielkundige volstaan met verslag
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof 
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Christo ·

Agge nee Maroela! ‘n Halwe A4? Dis mos nie die “volledige uitspraak” nie!
Begin julle ook nou met misleidende sensasie opskrifte!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.