‘Modimolle-monster’ en kie gevonnis

Johan Kotze op 15 Julie 2013 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Regter Bert Bam het Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof veroordeelde moordenaar Johan Kotze, die sogenaamde ‘Modimolle-monster’ en sy drie medepligtiges gevonnis.

Kotze en Andries Sithole is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Conrad Bonnette (19) en 10 jaar elk vir ontvoering.

Kotze en Sithole is Maandag skuldig bevind aan die moord op Conrad. Pieta Mohlane en Sello Mphaka is vrygespreek op die moordklag.

Mohlane en Mphaka is elk 10 jaar gevangenisstraf opgelê vir ontvoering.

Al vier mans is lewenslange tronkstraf opgelê vir die klagtes wat verband hou met die verkragting van Ina Bonnette op 3 Januarie 2012 in Kotze se huis in Modimolle.

Op die klagtes wat verband hou met aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig het Kotze 15 jaar ontvang, terwyl die ander elk agt jaar tronkstraf hiervoor opgelê is.

Bonnette het begin huil toe die vonnisoplegging voorgehou is. Haar familielede en vriende het haar bygestaan.

ʼn Familielid van een van Kotze se medepligtiges het ook begin huil.

Lees ook:
Hof stampvol vir ‘Modimolle-monster’-vonnis
‘Modimolle-monster’: Verdediging vra 15 jaar
‘Modimolle-monster’: “Ek hoop hy vrot in die tronk”
‘Modimolle-monster’: Die volledige uitspraak
‘Modimolle-monster’: Uitspraak gelewer
‘Modimolle-monster’ het medebeskuldigde 48 keer gebel‘Modimolle-monster’: Uitspraak volgende week gelewer
‘Modimolle-monster’: “Ina se getuienis kan nie vertrou word nie
‘Modimolle-monster’: Verdagte is MIV-positief
‘Modimolle-monster’: Ina se eksman getuig
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel vir getuies
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
Sielkundige getuig oor ‘Modimolle-monster’
‘Modimolle-monster’: Nuwe sielkundige bewyse 
‘Modimolle-monster’: Vermeende verkragter bang vir polisie
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
‘Verkragters’ gelukkig om wit vrou te kry, hoor hof
‘Modimolle-monster’ het aanval glo “haarfyn beplan”
‘Modimolle-monster’: Sithole het glo gehuil
‘Modimolle-monster’ en Ina het glo ooreenkoms gehad
‘Modimolle-monster’: “Ons is gedwing” 
‘Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
‘Modimolle-monster’: Kliniese sielkundige volstaan met verslag
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof 
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

EBTFan ·

Mohlane en Mphaka is elk 10 jaar gevangenisstraf opgelê vir ontvoering?

EBTFan ·

Johan Kotze – 2 Life sentences for murder and rape each, plus 25 years for kidnapping.
Andries Sithole: 2 Life sentences for murder and rape each,
The other two co accused each got 1 Life sentence each for rape

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.