Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”

Johan Kotze Foto: thenewage.co.za

ʼn Dokter wat in seksuele geweld spesialiseer het Donderdag gesê dit is nie verbasend dat Ina Bonnette bykans geen tekens van verkragting toon nie.

Dr. Susanna Grabe sê slegs 10 – 30% van verkragtingslagoffers toon sigbare beserings, berig EWN. Grabe getuig tans in die verhoor teen Johan Kotze, die sogenaamde Modimolle-monster, en sy drie mede-beskuldigdes, Andries Sithole, Pieta Mohlanhe en Frans Mphaka.

ʼn Dokter wat Bonnette aanvanklik ondersoek het, het getuig dat hy geen aanduiding van sodomie kon opspoor nie en slegs geringe beserings aan haar geslagsdele wat moontlik op verkragting kan dui. ʼn Seksueleaanrandingstoets het ook geen semen op haar gevind nie.

Bonnette se beweerde verkragters voer aan dat hulle slegs voorgegee het om haar te verkrag terwyl Johan Kotze hulle met ʼn geweer gedreig het om sy vervreemde vrou seksueel aan te rand.

Johan Kotze het erken dat hy Bonnette gemartel en vermink het en haar seun, Conrad, doodgeskiet het.

Lees ook:
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ansie hamman ·

verkrag of nie, almal is skuldig! die deler is so goed soos die steler! in hierdie geval wens ek die doodstraf was nog in ons land!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.