‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel

Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” op 15 April 2013 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Johan Kotze, die sogenaamde ‘Modimolle-monster’, se hofsaak is Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof uitgestel.

Regter Bert Bam het gesê die saak sal Maandagoggend hervat. Die staat het, voor die hofverrigtinge afgesluit is, ‘n aansoek gebring om sy saak te heropen. “Die bewyse hou verband met die beskuldigde se aanspreeklikheid tydens die voorval,” het staatsaanklaer Retha Meintjes gesê.

Bam sal glo die aansoek oorweeg nadat Kotze se verdediging beswaar aangeteken het. Sy verdediging het sy saak afgehandel ná die kruisondervraging van Tertia Spangenberg, kliniese sielkundige, afgehandel is.

Kotze word daarvan beskuldig dat hy die groepverkragting van sy vervreemde vrou, Ina Bonnette, gereël, haar vermink, en sy stiefseun, Conrad (19), in sy huis in Modimolle op 3 Januarie 2012 doodgeskiet het. Bonnette en Kotze was ten tye van die voorval steeds getroud, maar sy het in haar eie woonstel gebly. Kotze se medebeskuldigdes, Andries Sithole, Pieta Mohlane en Frans Mphaka word van die ontvoering, aanranding, herhaaldelike verkragting en poging tot moord op Bonnette aangekla.

Spangenberg, vir Kotze se verdediging, het Woensdagoggend aan die hof gesê dat Kotze moontlik sy getuienis oor sy finansies kon verander het. Sy het tydens kruisondervraging erken dat dit moeilik sou wees vir ‘n narsis, wat sy glo Kotze is, om finansiële probleme te bespreek. Sy sê hy sou probeer om sy sosiale stand, en die manier waarop hy beskou word, te behou.

Francoi van As, verdediging van een van Kotze se medebeskuldigdes, wou weet of dit Kotze se getuienis oor sy finansies sou beïnvloed. “Dit sou sy getuienis beïnvloed,” het sy gesê.

Bam wou by Spangenberg weet of die res van sy getuienis ook beïnvloed kon wees. Spangenberg sê dit is nie noodwendig die geval nie. Sy sê Kotze se narsisme het verkrummel toe hy sy sosiale stand verloor het toe hy van die moord en aanranding beskuldig is. Van As wou toe by haar weet of Kotze dan nou nie meer ‘n narsis is nie. “Nee, dit is nie wat ek bedoel nie. Hy is steeds ‘n narsis.”

Spangenberg is Dinsdag en regdeur Woensdagoggend uitgevra oor die verskille tussen haar verslag en ‘n ander kliniese sielkundige se verslag. Spangenberg het bevind dat Kotze nie strafregtelik aanspreeklik gehou kan word vir sy dade nie. Dirk Coetzee, wat Kotze by Weskoppies Psigiatriese Hospitaal ondersoek het, het bevind dat hy wel strafregtelik aanspreeklik gehou kan word. Sy verslag is Dinsdagmiddag ingehandig.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
‘Modimolle-monster’: Kliniese sielkundige volstaan met verslag
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.