‘Modimolle-monster’: Sithole het glo gehuil

Johan Kotze en sy medebeskuldigdes (van links) Andries Sithole, Frans Mphaka en Pieta Mohlane Foto: Werner Beukes/SAPA

Een van Ina Bonnette se vermeende verkragters het Dinsdag aan die Pretoriase hooggeregshof gesê hy was só bang vir Johan Kotze dat hy gehuil het terwyl hy bo-op haar gelê het en voorgegee het dat hy haar verkrag.

Andries Sithole het sy getuienis herhaal dat hy Bonnette nie kon verkrag nie. Hy het glo sy onderbroek aangehou.

Sithole, Bonnette se eksman Johan Kotze, Pieta Mohlane en Sello Mphaka het onskuldig gepleit op aanklagte van ontvoering, verkragting en poging tot moord op Bonnette en moord op haar seun, Conrad op 3 Januarie 2012. Bonnette en Kotze was in daardie stadium nog getroud, maar sy het in haar eie woonstel gebly.

Bonnette het vroeër getuig dat Kotze haar seksueel gemartel het en haar tepels afgesny het terwyl die ander drie mans toegekyk het. Hulle het haar toe glo om die beurt verkrag. Sy moes ook luister hoe haar 19-jarige seun om sy lewe pleit voordat Kotze hom glo in sy huis in Modimolle doodgeskiet het.

Kotze het erken dat hy ʼn naald en knyptang op Bonnette gebruik het, maar voer aan hy was buite homself van woede weens Bonnette se beweerde ontrouheid en dat hy nie presies kan onthou wat gebeur het nie.

Hy erken dat hy die .22 vuurwapen, wat gebruik is om sy stiefseun dood te skiet, hanteer het, maar voer aan dat hy nie kan onthou dat hy die sneller getrek het nie.

Alhoewel Bonnette getuig het dat die ander drie mans haar om die beurt verkrag het, het hulle almal aangevoer dat hulle fisies nie in staat was om haar te verkrag nie.

Sithole het onder kruisverhoor gesê dat hy en die ander twee mans bang was vir Kotze en dat hulle sy opdragte gevolg het omdat hy hulle gedreig het. Hy het ʼn vuurwapen gehad en was glo baie aggressief teenoor hulle.

Sithole het aan regter Bert Bam gesê Kotze het hulle gedreig deurdat hy sy hand na sy vuurwapen, wat aan sy sy vasgemaak was, beweeg het.

Sithole het ook gesê hy het geweet hy kan ʼn seksueel oordraagbare siekte opdoen indien hy geslagsomgang met ʼn vrou het, maar was nie bewus van sy eie of Bonnette se gesondheidstatus nie. Hy het later uitgevind dat hy HIV-positief is, maar weet nie hoe hy besmet is nie. Hy sê Kotze het nie een van hulle gevra of hulle HIV-positief is voordat hy hulle aangesê het om Bonnette te verkrag nie.

“Ek was so deurmekaar, ek het gehuil. Sy kon nie my trane sien nie, omdat ek ʼn sykous oor my kop gehad het, maar my trane het gevloei toe ek bo-op haar gelê het.”

Sithole het gesê hy het gehuil omdat hy gevoel het sy lewe is in gevaar.

Die hofsaak duur voort.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’ en Ina het glo ooreenkoms gehad
‘Modimolle-monster’: “Ons is gedwing”
‘Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
‘Modimolle-monster’: Kliniese sielkundige volstaan met verslag
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarie ·

Wit mans wat so laag daal moet voor ‘n vuurpeleton gesit word,ek kan julle ‘n brief met ‘n stamp gee ,hy gaan Geestelik versteurd (mal)verklaar word.Hy sal ‘n jaar in weskoppies deur bring,dan maak hy weer haar lewe hel!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.