‘n Vredesprys vir staatlikheid – die EU en die Nobelprys

Die Europese Unie

Die 2012-Nobel Vredesprys is pas aan die Europese Unie toegeken. Verdien die EU dit?

Die Noorweegse Nobel-komitee verduidelik in ʼn persverklaring:

The union and its forerunners have for over six decades contributed to the advancement of peace and reconciliation, democracy and human rights in Europe.

In the inter-war years, the Norwegian Nobel Committee made several awards to persons who were seeking reconciliation between Germany and France. Since 1945, that reconciliation has become a reality.

In sy boek The Tragedy of the Euro, verduidelik Philipp Bagus, ʼn Spaanse ekonoom, die oorsprong van die EU. In sy verklaring van die huidige EU-onstuimighede, voer Bagus aan dat die vaders van die EU Christen-demokrate was met ʼn visie vir intra-Europese vrede en samewerking, veral vrye handel. Maar was hulle ook ten gunste van ʼn politieke eenheidsregering van die soort wat die hedendaagse EU geword het?

Nee, hulle was juis ongemaklik met so ʼn moontlikheid, omdat hulle besef het dat politieke hegemonie die grondslag sou lê vir ʼn terugkeer van die soort maatskaplike onrus wat hulle so graag wou agterlaat.

Bagus se praatjies hieroor is uiters interessant. Hy reken ook dat, met verloop van tyd, ʼn radikaal anderse sosialistiese visie die Christen-demokratiese visie vir Europa vervang het – en wys op dié vervanging as ʼn bron van die huidige EU se monetêre en fiskale probleme.

Die Noorweegse Nobel-komitee gaan voort:

The EU is currently undergoing grave economic difficulties and considerable social unrest. The Norwegian Nobel Committee wishes to focus on what it sees as the EU’s most important result: the successful struggle for peace and reconciliation and for democracy and human rights. The stabilizing part played by the EU has helped to transform most of Europe from a continent of war to a continent of peace.

Ironie: hoe die EU-webblad lyk op die dag wat dit die Nobel Vredesprys wen.

Hierdie paragraaf is ietwat amusant: dit begin met erkenning aan die “beduidende maatskaplike onrus”, maar eindig met lof vir die EU se rol om Europa te transformeer tot ʼn “kontinent van vrede.” ʼn Bydrae deur die EU tot vrede dwarsdeur die kontinent mag dalk aanvanklik die geval gewees het, maar die EU het sedertdien algaande van daardie rol af wegmuteer.

Deur sy toenemende monetêre vernietiging en politieke hegemonie, bereik die huidige EU die teenoorgestelde van waarvoor die Nobel Vredesprys sou moes staan. In stede daarvan om vrede en harmonie te bevorder, blaas dit staatlikheid en konflik aan.

Die 2012-prys mag dalk selfs die vorige Vredesprys aan Barack Obama oortref in dié mate dat dit ʼn Orwelliaanse legitimering van staatlikheid – in die naam van vrede – daarstel.

Deel met iemand










Stuur