Nelson Mandela se oorskot deur Pretoria geparadeer

'n Standbeeld van oudpresident Nelson Mandela in die Paarl. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

‘n Standbeeld van oudpresident Nelson Mandela in die Paarl. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Oudpresident Nelson Mandela se oorskot sal deur die strate van Pretoria geparadeer word op die dae wat hy in staatsie by die Uniegebou sal lê, het die regering Saterdag gesê.

“Elke oggend wanneer die oorskot van die lykshuis na waar hy in staatsie sal lê vervoer word sal daardie roetes bekend gemaak word,” het Neo Momodu, hoofdirekteur van die staat se inligtingsdiens (GCIS), Saterdag aan verslaggewers in Pretoria gesê. “Ons gaan lede van die publiek aanmoedig om langs die strate te staan wanneer die oorskot deur die strate van Pretoria na die Uniegebou beweeg.” Mandela se oorskot sal van Woensdag tot Vrydag in staatsie by die Uniegebou lê voor dit na Qunu vervoer sal word vir sy begrafnis Sondag. Mandela is Donderdagaand by sy huis in Houghton, Johannesburg oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anon ·

Dink net hoe gaan hy vrot op daardie stadium. Hoekom moet almal so n ophef maak oor hom? Hy is dood begrawe hom en kry dit oor. Genade hoop regtig die mense wat Mandela so verafgod draai terug na ons Hemelse Vader. Duidelik mis hulle ons regte God. Ek verafgod geen ander gode nie. Sal beslis nie langs die pad staan om sy lykswa te bekyk nie. Hy is dood soos ons almal se padjie nog gaan eindig. Almal se ons het n PA verloor, jammer ek het net een pa en hy is lankal nie meer met ons nie. So mense bou n brug en kom hieroor…..

Babs ·

Anton, Ek stem saam met jou. Almal wil nou op die wa spring en hulde bring – vir wat? Gaan begrawe die man en kry klaar. Daar gaan die belastingbetaler se geld wat moes gebruik word vir die minder bevoorregdes, staatshospitale en regmaak van paaie nou vir die begrafnis.

amanda jonker ·

Ek stem 100% saam met Babs , waarom ‘n mens verafgod? Hy kry meer eer as God op die oomblik. Hy was geen Pa vir my nie – wat het hy vir ons gedoen? VREDE ? waar is dit? Moorde en Verkragtings het eerder toegeneem vandat hy in bewind gekom het – Hoekom het hy Sy Vrede nie bewys in die tyd toe hy die land regeer het en die misdadigers hulle straf laat uitdien nie – Maar nee hulle word eerder vrygelaat om nog misdade te pleeg van ons Polisie owerheid se hande is vasgebind. Die wereld moet wakker raak want daar is net een regeerder en HY gaan KOM OP DIE WOLKE ONSE HEER EN GOD!

AMANDA JONKER – DESPATCH OOSKAAP

Perskepit ·

Ek is nou al so keelvol dat daar heeltyd oor Nelson Mandela gepraat word! Hy word in ons kele afgedruk. Al die radio stasies gaan oor hom en mens kan nie eers behoorlik tv kyk sonder dat hy daar in is nie! Ek gaan eerder so tekere oor ons Hemelse Vader voordat ek tekere sal gaan oor hom. En ek gaan glad nie moeite doen om sy lykswa te kan sien nie!

samantha ·

Liewe hell gaan die ding aan ploeter en geen einde he nie? Mens ry mos nie met iemand se oorskot in die straate rond vir i week lank nie. Almal wat hom nou so verafgod moet weet die Here sien dit en dis nie reg nie.!!!!! Hy was i mens nes ons ja hy het well verandering in baie mense se lewe gemaak en was i rolmoedel vir baie maar hy moet ook nou gelos word om in vrede te gaan rus. Die hele storie word uit peporsie geruk

Peter Says ·

Ek het beslis belangriker dinge om myself mee besig te hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.