Nuuskommentaar: Is VSA wêreldpolisieman en SA Afrika-redder?

SAvlagVanjaar se Afrikadag-vieringe sal in Suid-Afrika onthou word vir nog ’n ding waarin pres. Jacob Zuma sy voet neergesit het – dat Afrikane in vrede geleef en baie pret gehad het voordat “die ander” hier aangekom het. Vandag, waarskynlik in ’n heel ander konteks, gebruik Die Burger die volgende wysheid wat soos ’n handskoen pas: “Hoe minder mense dink, des te meer praat hulle.” – Charles de Montesquieu.

In die Namakwaland word gewoon gesê as ’n donkie sy bek oopmaak, val daar kaf uit.

Hierdie waarheid geld eintlik vir baie mense, soos sommige van diegene wat so lief is om kommentare onderaan berigte en artikels op die internet te plaas. Van daardie kommentare openbaar veel meer van die mentaliteit en insig van die skrywer as wat dit enigsins tot dit waaroor vermoedelik kommentaar gelewer word, sou blyk. Maar gelukkig is daar ook ander kommentare wat van insig of diepe versugtinge getuig.

Maar Zuma se jongste juweeltjie was nie al wat die president in sy toespraak kwytgeraak het nie. Uit die toespraak was dit ook duidelik dat hy drome droom oor ’n Suid-Afrika wat nie net leiding in Afrika kan gee nie, maar as ’n soort enjinkamer sal dien om welvaart en voorspoed na die kontinent te bring.

’n Soort streekmag, dus.

Net jammer van Jan van Riebeeck wat die land se probleme met sy drie skepies hier aangery gekry het, net jammer van apartheid wat Eskom so opgekoffie het, net jammer van die ander wat al die pret kom bederf het.

Maar is daar glorie in om ’n wêreldpolisieman te wees, of dan ’n streekmag?

Die jongste Rasmussen-peiling toon dat net 20% van alle Amerikaners glo dat die VSA die wêreld se polisieman moet wees. Al is dit nie baie nie, is dit 7% meer as ’n jaar gelede, en die hoogste in ongeveer ses jaar. Voorheen was dit tussen 11 en 12%.

Hierteenoor toon die peiling ook dat 71% van die Amerikaners met oudpres. Ronald Reagan saamstem dat die VSA nie troepe vir militêre aksie oorsee moet beskikbaar stel tensy die saak sentraal tot die land se nasionale belang staan nie.

Baie belangrik is dat 56% Amerikaners meen die VSA het sy militêre vermoëns te dun gerek om oral by te kom waar bygekom word. In nog ’n Rasmussen-peiling het dit aan die lig gekom dat 43% van die Amerikaners glo dat die IS besig is om die oorlog in Irak en Sirië te wen, terwyl net 18% meen die VSA en sy bondgenote is aan die wenkant.

Net 35% is ten gunste daarvan dat die VSA weer grondtroepe in Irak ontplooi om saam met bondgenote met die IS klaar te speel.

Die VSA se buitelandse betrokkenheid strek egter veel verder as net die militêre. Afrika, en ook Suid-Afrika, put ruim voordeel uit die Amerikaanse Agoa-wet, wat nou hernu moet word. Die VSA is oral in Afrika baie bedrywig.

Die VSA se beheptheid om dinge oral in die wêreld na hul sin te laat verloop, is deels ’n noodwendige gevolg van die VSA se staatkundige bestel. Die VSA is ’n federale staat en die president en kongres se magte is hoofsaaklik beperk tot buitelandse sake, verdediging en enkele maatskaplike aangeleenthede. Kortom, die president en kongres sou baie ledig wees as hulle nie soveel aandag aan die buiteland en militêre optredes sou skenk nie. Die VSA het egter ook, weens die gleufie wat die “sekere maatskaplike sake” bied, reeds heelwat binnelandse funksies gesentraliseer of gedupliseer. ’n Voorgenome presidentskandidaat wat hom tot die suiwer federale funksies wil beperk, sal gewoon nie verkies word nie.

Die tweede is dat die VSA sterk voorkeure plaas aan wie in die buiteland sy hulp te wagte kan wees. Diktature en lande waar die demokrasie onder druk is, kry maklik die koue skouer. Lande wat werklik hard probeer, ervaar ’n oper hand. Al meer ontwikkelde lande wat tot die VN se “kas” vir ontwikkeling bydra, stel soortgelyke voorwaardes. België, die voormalige koloniale mag van die DRK, het onlangs die DRK hard aangespreek oor die verbintenis tot demokrasie en skoon regering, of die ontwikkelingshulp kan teruggehou word. Geen land wat ruim uit sy BNP moet afknyp om arm lande te help, wil sien hoe daardie “ontwikkelingsgeld” nie bereik vir wie dit bestem is nie, maar in die regeringshoof se Switserse bankrekening beland nie.

Daar is ’n reuseverskil tussen wat die VSA en sy bondgenote kan vermag, en wat Suid-Afrika in Afrika probeer bewerkstellig. Suid-Afrika het troepe op verskillende plekke in Afrika ontplooi, en kort-kort word berig hoe daardie troepe logisties in die steek gelaat word.

Suid-Afrika skenk wel geld aan enkele Afrikalande, soos by geleentheid aan Zimbabwe, en selfs aan Kuba – geld wat die land nie het nie. Vrystaat Landbou het die regering reeds twee keer hof toe geneem om die regering te dwing om sy grondwetlike verpligting na te kom om sy eie burgers te beskerm.

So lank as wat die land se ontwikkeling deur onbevoegde kaders en ideologiese dinosourusse afgerem word, gaan die plaaslike vermoë vir “prestige”-tipe buitelandse ekskursies onder druk bly. Dit sal net so ’n groot droom bly soos Zuma se persepsies dat Afrika voor die aankoms van die “ander” groot pret gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Speel maar voort met die Leeu se stert………………………………………..

Rina Pretorius ·

zuma step where angels fear to trend dink ek, hy speel al ‘n geruime tyd op avbob se stoep rond, gee hom rope, hy gaan homself hang een van die dae. Hy krap met ‘n stokkie in die leeu se alie rond, hy gaan sy gwar sien een van die mooi dae. Hy is nie ‘n president se gat werd nie, nie eers sy hond se gat nie sou ek se. Sorry Maroela dis hoe ek dit sien

Lappop ·

Hy trap nie waar engele nie durf nie, hy speel nerens waar hy nie moet nie, en hy krap ook nie waar dit jeuk nie. Hy doen bloot dit wat hy veronderstel is om te doen. Dit is sy natuur. En diegene wat hierdie bewind bewerk het, het geweet dat dit is wat gaan gebeur. Hy is veronderstel om die blankes hier uit te roei, want ons staan in hul pad, nie die swartes nie. Los hulle lank genoeg alleen en hulle”selfdestruct”. En dan is al die land se rykdom daar om gevat te word. Hoekom word die myne sommer net toegemaak. Nie omdat daar niks meer te ontgin is nie, dit moet gebere word vir wanneer hulle oorneem. Die “hulle”, dit is die illuminati, die geldmag, hulle wat een wereld orde wil bewerk. Die swartes hier is ‘n middel tot ‘n doel. Dit het nog nooit enige iets met menseregte en die skending daarvan te doen gehad nie. Apartheid het vir hulle geword soos “sesame”, dit het deure oopgemaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.