Nuuskommentaar: Lesse uit rassegeweld in Keulen

Die treinstasie in Keulen waar van die aanvalle glo plaasgevind het. Foto: Oliver Berg/dpa via AP

Die treinstasie in Keulen waar van die aanvalle glo plaasgevind het. Foto: Oliver Berg/dpa via AP

Tydens die Nuwejaarsvieringe in Keulen, Duitsland, het liederlike misdadige tonele hulle afgespeel en die vingers wys na mans met ’n Noord-Afrika-voorkoms. Die hoofstroommedia se aanvanklike swye hieroor word nou saam met die verskynsel self ontleed. Dit lyk of daar raakvlakke tussen “politieke korrektheid” in Duitsland en die jongste rasseherrie in Suid-Afrika was.

Deur die loop van die nag van Oujaarsnag en Nuwejaarsoggend het talle voorvalle in Keulen plaasgevind waarvan die wêreld nou eers begin kennis neem omdat die toonaangewende Duitse media daaroor geswyg het. In Hamburg het iets soortgelyks, maar op kleiner skaal plaasgevind. In wese kom dit daarop neer dat groepe mans “met ’n Noord-Afrikaanse” en Arabiese voorkoms vroue omsingel het, seksueel geteister en beroof het. Die internet het nie geswyg nie, en geleidelik het plaaslike media en die media in die naasliggende Nederland hieroor begin berig.

In Nederland word selfs ernstig besin oor wat gebeur het, en hoekom. Die bekende filosoof, Ger Groot, skryf uitgebreid in Trouw hieroor onder die opskrif, “Met een doortrapte en perverse moraal houdt geen beschaving het lang uit”. Hy begin sy artikel deur te verwys na ’n vroeëre artikel deur die skrywer Sylvain Ephimenco waarin hy ’n soortgelyke voorval op die moltrein in Parys beskryf.

“Daarom denk ik niet dat er in Keulen, in al die andere Duitse steden of in de Parijse metro sprake was van botsende culturen. Ik denk dat het getuigt van een demoralisering waarin de criteria voor eer en fatsoen van zowel de ene als de andere cultuur vermalen zijn geraakt. Een ontregelde jeugd doolt erin rond als in een landschap na een veldslag. Alles ligt in puin, er is geen enkele oriëntatie – behalve die van de grofste instincten van lijf en groep.”

Uit ander berigte blyk dit dat die Duitse polisie ook nie mooi geweet het hoe om die situasie te hanteer nie.

Dit wil ook voorkom asof nog lank kopgekrap gaan word, veral op amptelike vlak, om die gebeure te verklaar nadat deur ’n berg van politieke korrektheid gewerk is. Die swye van die koerante word ook ten minste ten dele voor vrees gelê dat feitelike beriggewing, soos die afkoms van die aanvallers, tot beskuldigings van rassisme sal lei.

Die gebeure in Keulen het duidelik vir baie as skok gekom. Baie van die vroue wat aangerand (twee verkragtings is aangemeld) en beroof is, was van ander plekke wat in Keulen kom feesvier het. Dit lyk asof hulle onbewus was van die nuwe dimensie wat in samelewings ontstaan het wat onregstreeks gevolg het op die ontwikkeling van heterogeniteit. Subkulture (eintlik anti-kulture) ontstaan dikwels in situasies van kulturele transito en ’n stempel word afgedruk waar getalle ’n kritiese massa bereik om deur bondeldapperheid die stempel af te druk. Ooggetuies meen ook dat die oortreders in Keulen eenvoudig aanvaar het dat hulle daarmee gaan wegkom.

Suid-Afrika het sy eie manifestasie van hierdie soort probleme. Dit het juis nou weer geblyk uit die beriggewing, en versuimde beriggewing, oor die jongste rasseherrie wat in die land losgebars het. Volgens sommige koerante, ook van koerante wat van beter behoort te weet, is dit ’n eensydige affêre met wit mense wat alleen vir die probleem verantwoordelik is. AfriForum én die Afrikanerbond het egter daarop gewys dat hulle al verskeie sake by die Menseregtekommissie aanhangig gemaak het waar swart mense die beweerde oortreders is, maar dat daar nog dadels van gekom het.

Die instansies wat ewewigtigheid nastreef, gaan gewoonlik uit hul pad om te beklemtoon dat hulle juis die konflikpotensiaal wil ontlont wat in onewewigtigheid opgesluit is. Dit beteken dikwels dat deur die grens van “politieke korrektheid” gebreek moet word en hulle byna vir seker die reputasie van “rassisties en hunkerend na apartheid” op die lyf sal loop.

Soos dr. Leopold Scholtz in sy rubriek vandag maan, die manier waarop jy reageer, moet mooi bedink word.

Baie van die reaksie in die sosiale media neem ongeveer die trant aan van: “Ek het gesien hy gaan my slaan, toe slaan ek maar eerste terug.”

Volstruispolitiek laat die skuldiges egter met meer as die spreekwoordelike moord wegkom. Dit hou die gevaar in dat ’n blywende diskriminasie en verguising gemaklik onder die vaandel van “politieke korrektheid” verskans kan raak. Om Groot se terminologie in te span – ’n perverse moraal word dan die norm, en dan word van die beskawing ’n klug gemaak.

Lees meer:

‘Met een doortrapte en perverse moraal houdt geen beschaving het lang uit’

Groepsgeweld Keulen lastige kwestie voor Duitse politie

Getuige Keulen: De daders denken dat ze ermee wegkomen

Hebben de Duitse media bewust gezwegen over geweld in Keulen?

VIDEO. Ooggetuige Keulen: ‘Betasten, spuwen, schoppen … dit was echt’

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Rynhardt ·

Mattheus 24:7spel dit duidelik uit, Nasie sal teen nasie wereldwyd opstaan! Die Woord is die fondament van kennis! Rassehaat gaan toeneem oor Europa, Engeland en Amerika.Dit word aangevuur deur die Nuwe Wereldorde, die satinisties sisteem.Wayne Madsen is n briljante Amerikaanse joernalis wat reeds op 5Januarie 2016 die volgende gese het : Wit Duitse vroue is wreedaardig verkrag in Duitsland terwyl die hoofstroom media stilbly!” Selfs Fox News en CNN moedig openlik die rassekonflik in VSA aan.Amerika en Europa gaan be hoortlik brand! In SA het jy die probleem van liberale kommentators en liberale professors wat in ontkenning leef m.b.t. tot die haat wat teen ons Afrikaners toeneem.Die wereld en SA is in vir n groot rowwe tyd terwyl prez.Zuma en kie net glimlag en aanbeweeg asof niks verkeerd is nie.

Maddox ·

Op die punt en baie goed gestel. Die groot probleem is die NWO beheerde media die hele wereld oor, hulle rapporteur nooit oor swart op wit aanvalle nie, of water dit verskriklik af. Die een ding waarvoor ek baie dankbaar is, is onafhantlikke media, waar mense die waarheid kan lees oor gebeure. Ek steun slegs die tipe media, en glad nie enige hoofstroom liberale breinspoelings media nie. Die NWO haat dit, maar kan niks doen om dit te stop nie…

Bruno Stef ·

Dit is dan ook waarom Blankes openbare plekke by sommige geleenthede vermy soos bv. strande want die treitering en bondeldapperheid neem geweldige afmetings aan indien die skokkende handelinge van die persone betrokke jou nie aanstaan nie. Respek vir ouer mense bestaan glad nie meer nie wat ek kan toeskryf aan oormatige alkohol inname.

Knersus D ·

Dis regtig jammer om te hoor, maar ek dink dat dit bietjie hulle beurt is. Veral die Nederlanders en Skandinawieers was baie uitgesproke oor ons vorige dispensasie.

Therese van Schalkwyk ·

Daar is by my nie ‘n greintjie respek meer oor vir enige Westerse leier, of enige van die hoofstroommedia nie.

Merkel het tot taamlik onlangs uitgestaan tussen die res, maar sy het heeltemal die kluts kwyt geraak met die roekelose oopgooi van Europese grense. Is oortuig daarvan dat sy in toekomstige geskiedenisboeke gemeld sal word vir haar reuse aandeel in Europa, soos ons hom ken, se gewisse ondergang.

Wanneer bv. gelees word hoe die polisie te versigtig/bang is om in te gaan in woonbuurtes waar Afrika- en Midde-Oosterse immigrante saamkoek, besef ‘n mens hoe ver die verval reeds is. Tragies hoedat oordrewe skuldgevoelens oor historiese gebeure Westerlinge se ruggrate in jellie verander het.

Marous ·

Me Merkel was hieroor gewaarsku…sy het klaar die gramskap van haar mense op die hals…verwydering van Chistelike kruise n kerke om Moslems gemaklik te laat voel?? Wetgewing dat Duitse dames nie kort rokke mag dra om uitlokking te veroorsaak nie? Die volgende gaan wees om Eisbein en bier te verban….Dan gaan die sports begin…

anna ·

Kan Maroela Media dalk ‘n verslaggewer na Duitsland toe stuur en publiseer wat die Duitse koerante nie mag publiseer nie?
Ek het friende daar en hulle se soveel gebeurtenisse mag nie gepubluiseer word nie. Voor hierdie geval was daar alreeds verkragtings op Christelike Duitse vroue maar dit word onder die mat gevee. Om daardie mense te help wil ek weet of Maroela self daarheen kan gaan om ondersoek te gaan instel en daaroor kan verslag gee oor wat alles daar gebeur?
Ek sluit ‘n paar stukkies leesstof hieroor in wat iemand aan my gestuur het . Dit gaan nie net oor die boonste artikel maar ook oor ander dinge wat gebeur het.

https://en.wikipedia.org/wiki/KirstenHeisig
https://www.youtube.com/watch?v=GXLmHYqskts
https://www.youtube.com/watch?v=99JvmAMEKOg

Miskien kan Maroela of wie ook al daaroor vir ons laat weet?

Dankie
Groete

John ·

Dis nie verniet dat Hitler se “Mein Kampf” (My stryd/”struggle”) herdruk is nie. Lees dit. Die walms van die verrotte brein van die’ Duitse volksleier slaan jou asem weg. Die gedrog wat gegroei het uit die jong Hitler se jaloesie en wanpersepsies oor mense en kulture wat dan ook later ontaard het in daadwerklike uitwissing, in sy ergste vorm, van diegene wat aan sy kriteria vir onmenswaaardigheid voldoen, is erger as wat woorde kan beskryf. Die twee volumes is van begin tot einde die gebraak van ‘n sluwe man wat homself en sy idees aanbid. Dat duisende Duitsers hom later so slaafs nagevolg het en nie agtergekom het hoe hy hul laagste vorm van menswees aangewakker het en laat glo het hul kan daarmee die hoogste vlak van ontwikkeling bereik, is ongelooflik. Die hele boek is gemik op breinspoeling. Vir diegene wat haat, nyd en oorlog nastreef, sal die woorde van Hitler bladsye vol drek uit die hel bied. Hierdie geskrifte is ongelukkig nie die geskiedenis van die eerbare stryd van ‘n gewaardeerde volksleier met drome vir die ophef van sy mense en die mensdom nie. Sulke leiers was in die verlede en sal weer in die regte omstandighede, soos peste doen, hul verskyning maak. Dis vir ons om die seisoene te lees en die simptome waar te neem wanneer dit gebeur. So bietjie studie en afstand van ‘n saak gee ‘n mens ‘n skild in die hand. Die duiwel is baie slu. As ons ook nie weet wat in ons Bybels staan nie, sal ons ook nie weet of dit wat ons elders lees of hoor waar en goed is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.