Pa handig seun oor ná hy Randfontein-leerling vermoor

mes1-225x225Die pa van ʼn 17-jarige seun wat glo Maandag ʼn leerling by sy skool in Randfontein, Gauteng, tydens ʼn bakleiery met ʼn mes doodgesteek het, het sy seun Dinsdag aan die polisie oorgegee.

“Die seun is in hegtenis geneem met die samewerking van sy pa, wat hom na die polisiestasie toe gebring het,” het lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, Woensdag gesê.

Die 17-jarige is van moord aangekla en moet binnekort in die Westonaria-landdroshof verskyn.

Maroela Media het Maandag berig Bongo Soxokashi (16) is deur die verdagte tydens ʼn bakleiery by Hoërskool Kgothalang in Bekkersdal met ʼn mes doodgesteek. Lees meer hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

juanita ·

Wens net al die misdaad en moord wil nou stop. Apartyd is nou vir by en almal moet nou besef ons is almal nou een, en daar is nie meer n ding soos net swart of net wit nie. Almal word nou die selfde behandil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.