Plaasaanval: Boer dood, vrou verkrag, aangerand

‘n Boer is Sondagoggend op sy plaas buite Ventersdorp in Noordwes vermoor en sy vrou aangerand.

“Twee mans het die 67-jarige boer glo net voor 10:00 buite sy huis op die plaas Sterkstroom voorgekeer,” het brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. “Hulle het hom oor die kop geslaan en hom in die huis in gesleep. Hier het hulle op sy 64-jarige vrou afgekom en haar ook aangeval. Vermoedelik het hulle haar verkrag ook.”

Die mans het die vrou vasgebind en het met twee selfone gevlug. Sy kon haarself bevry en het hulp op ‘n naburige plaas gaan soek. Die boer is op die toneel dood. Sy vrou sterk in ‘n hospitaal in Klerksdorp aan.

Die polisie vermoed die motief vir die aanval was diefstal. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Douwlina du Plessis ·

Die polisie het dit mis. As jy wil steel jy. As jy moor is jy ‘n moordenaar. As jy verkrag, is jy ‘n verkragter. Jy het altyd die keuse. Moenie vir diewe soek nie, soek moordenaars en verkragters.

hennie ·

Die MOTIEF vir die aanval is MOORD!! Alle aanvalle op plase en op blankes in Suiid Afrika is MOORD!! Dit is die uitsluitlike doel van die aanvallers! Die Moord op die Boervolk word VERDOESEL agter die kombers van diefstal…..Diefstal is nie die motief nie dis Volksmoord…./DIT IS DIE MOTIEF!!!!!

William ·

Sal seker net vir diefstal gevonnis ook word .Wonder net want as jy iemand vermoor vir 2 selfone en nog verkrag ook is jy slegter as n dier.

Mariette Hammann ·

Die enigste rede waarom die selfone gesteel is, is om die mense te verhoed om hulp te probeer kry. Diefstal is beslis NIE die motief nie!

Danie Kriel ·

Die robot-poliesman rammel maar net die rympie af wat sy kastige minister vir hom voorgesê het. Die kastige minister is dood bang om plaasmoorde as ‘n aparte misdaad te verklaar omdat dit sy verrotte polisemag in’ n “swak”lig sal stel. Kan dit in ‘n nog swakker lig gestel word as wat dit ontelbare kere die afgelope 19 jaar gedemonstreer is?

Jenny Upshon ·

Hennie & Douwlina is doodreg – as enige inbreker net die selfone (of ander items wil he) het hulle die opsie om daarvoor te vra of aan te dring.Die kanse is goed dat dit oorgehandig kan word en niemand het nodig om met hulle lewe daarvoor te betaal nie.Ek wonder of enige van die kriminele al gewonder het waar hulle kos vandaan gaan kom waneer daar nie meer boere is om dit te kweek nie of as mense met die kennis nie meer bereid is om dit te doen nie?Wie gaan dan die nasie voer? ‘n selfoon (of baie ander materiele goed)is nie ‘n noodsaaklikheid nie maar kos is wel.
J Upshon

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.