Premier sak in mekaar tydens provinsiale rede

Die premier van die Noord-Kaap, Hazel Jenkins. Foto: GCIS

Die premier van die Noord-Kaap, Hazel Jenkins, het Vrydag tydens haar provinsiale rede in Kimberley inmekaargesak.

Volgens Jenkins se kantoor is sy deur paramedici na ʼn hospitaal geneem, maar dit was nie dadelik bekend waar sy vir behandeling geneem is nie. Jenkins het glo sowat 30minute van haar provinsiale rede in die provinsiale wetgewer voltooi voor sy inmekaargesak het. Die vergadering is uitgestel.

Nico Strydom Geskryf deur Nico Strydom
Nico is 'n joernalis by Maroela Media.

Lewer Kommentaar