Pretoria-treine aan die brand gesteek

Argieffoto.

Twee treine is Donderdagaand omstreeks 22:00 naby Pretoria aan die brand gesteek.

Lillian Mofokeng, Metrorail se woordvoerder, sê vyf passasierswaens is by die Kopanong-stasie aan die brand gesteek. ʼn Ander treintrok is in Akasia aan die brand gesteek. Albei treine was na Mabopane, noord van Pretoria, onderweg.

Mofokeng sê die oorsaak van die brande is nog nie bekend nie en dat verskeie ander treintrokke deur vandale beskadig is. Niemand is in die voorvalle beseer nie. Die polisie ondersoek die saak. Treindienste in die Mabopane-gebied is tot verdere kennisgewing opgeskort en pendelaars word aangeraai om alternatiewe vervoerplanne te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.