PTA-man verdrink in Amanzimtoti

Amanzimtoti-strand

‘n Man het verdrink toe hy deur ‘n fratsgolf in die see by Amanzimtoti-strand, aan die suidkus van KwaZulu-Natal, beland het.

“Sy vrou het aan paramedici gesê dat sy en haar man op die strand gesit het toe ‘n fratsgolf hulle beide in die see in getrek het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê. Die paartjie is vakansiegangers van Pretoria.

“Sy onthou dat hy gesê het, ‘kruip net uit’, toe ‘n tweede golf hulle dieper in die see in getrek het. Sy kon op haar hande en knieë na veiligheid kruip, maar haar bejaarde man het inmekaargesak,” het Botha bygevoeg.

Lewensredders kon die man uit die water trek, maar hy was reeds dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.