‘ANC-beleide vernietig Suid-Afrika se entrepreneurs’

Argieffoto (Foto: Luxstorm, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Luxstorm, Pixabay)

Die ANC se nasionale algemene raad (NAR) is net nog ʼn manier om Suid-Afrika se entrepreneurs te vernietig.

Dit is volgens Stefan Pieterse, woordvoerder van AfriSake, die mening van entrepreneurs in die land.

Die huidige ekonomiese en politieke klimaat in Suid-Afrika is onheilspellend en die beleide wat op die komende NAR bespreek sal word, blaas die groeiende ontevredenheid onder Suid-Afrikaanse werkgewers aan.

Swak beleide, korrupsie en onbekwaamheid is belangrike uitdagings wat oorkom moet word sodat die ekonomie kan groei.

ʼn Gepaste voorbeeld is swart ekonomiese bemagtiging (SEB): Die NAR besprekingsdokumente het ten doel om die SEB-beleid te bevorder. Dit, gelees in samehang met die nuwe, hersiene bestepraktykkodes, bewys dat dit duidelik is dat die regering poog om mense op grond van hul ras van die ekonomie uit te sluit.

Die beleide fokus daarop om sake-eienaars van die meerderheidsaandele in hul eie maatskappye te vervreem. As gevolg hiervan sal maatskappye meer in die buiteland of in buurlande belê, terwyl geskoolde en voornemende entrepreneurs eenvoudig sal emigreer.

AfriSake is van mening dat die regering se radikale en ekstremistiese SEB-beleide in die konstitusionele hof getoets moet word. Daarby het die tyd vir die sakegemeenskap aangebreek om SEB te boikot.

“Die mislukte e-tolsage is ʼn duidelike voorbeeld van wat kan gebeur as mense weier om swak regeringsbeleid toe te pas. Die sakegemeenskap moet op dieselfde manier teen SEB opstaan,” het Pieterse gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hoor - hoor cANCer! ·

Laat die ekonomie vorentoe gaan! Wetgewing hou dit vas!

annoniem ·

Baie entrepeneurs registreer nie meer nie agv uitsluiting deur vraatsugtiges en koruptes,bele in oorsee se rekenings en floreer in hul besigheid

Marius Buys ·

Die ANC regering is niks anders as n swart selfverkose selfverrykende mafia nie en die SEB is maar net een van hule geldmaak “rackets”.

Strussbob ·

Die “NAR” ? Beste naam ooit – sal voortaan die” Narre” genoem word.

Winston ·

Die mense wat regeer weet nie hoe n ekonomie werk nie. Dit is ook Van Riebeeck se skuld want as hy nie gekom het nie, het hulle nie koffers gehad om hulle hande in te steek en net uit te haal, nie. Ons moet ons eie toekoms skep in ons eie plek, anders gaan daar niks oor wees om aan te val nie. Israel in SA palestina.

Johan 2 ·

As van die “verslaande/verlamde” geslag nie meer al die besighede besit nie glo ek sal die jonger geslag die SEB meer agrisief teestaan. My werkgewer sê altyd hy is nie meer “lus” vir n geveg nie en is besig om die maatskappy heeltemal swart te maak. Dank 1 Afrikaner af en vevang hom met drie, oor en oor. Ek moet juis nou weer n nuwe bondel “oplei”….dis onuithoubaar.

Johannes Meintjes ·

Die ekonomie en entrepreneurskap moet volhoubaar herskep word. Komplekse skelmstreke in wetsontwerpe kan nie staande bly as dit deur moeilike tye getoets word nie. Almal ly skade a.g.v. narre se kortsigtigheid en slinkse agendas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.