Beampte glo geboelie om bedrog te pleeg met Mandela-roudiens

ʼn Amptenaar van die Buffalo City-munisipaliteit in die Oos-Kaap wat aangekla word van bedrog wat verband hou met Nelson Mandela se roudiens, beweer sy is geboelie om vorms te teken, berig City Press.

Argieffoto

Argieffoto

Die inligting is bekendgemaak in dokumente wat oorhandig is aan die prokureurs wat by die verhoor betrokke is. Die verhoor sal na verwagting in April begin. Sommige van die amptenare wat by die beweerde bedrogsaak betrokke is, het reeds in Junie in die landdroshof in Oos-Londen verskyn.

Die waarnemende direkteur van die munisipaliteit se ondersteuningsdienste, Ondela Mahlangu, het in Januarie ʼn verslag aan die stadsbestuurder, Andile Fani, gestuur met besonderhede oor hoe kollegas haar na bewering gedwing het om dokumente te teken.

Mahlangu voer aan die munisipaliteit se hoof finansiële beampte, Vincent Pillay, het haar in Desember 2013 gebel en aan haar gesê hy het ʼn afwykingsverslag voorberei om vervoer vir roubeklaers in die omgewing wat die roudiens vir Mandela wou bywoon, te reël.

Die verslag, wat bestaan uit ʼn afskrif van ʼn gesprek oor burgemeester Zukiswa Ncitha se versoek vir R10 miljoen van die raad en verskeie beëdigde verklarings, is voor die verhoor aan die verdedigende prokureurs oorhandig.

Pillay het na bewering vir Mahlangu gesê sy moet ʼn dokument  teken en dat die R10 miljoen wat deur die raad goedgekeur is, deur die direktoraat aangewend is. Mahlangu het dit glo met huiwering onderteken.

Mahlangu noem in haar verslag sy het “dringende oproepe met instruksies” van Pillay ontvang waartydens hy haar gevra het om nog ʼn vorm vir die diensverskaffer wat aangestel, is te teken. Volgens Mahlangu het sy geweier, omdat dit nie duidelik was of die regte aankopeprosedure gevolg is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leon ·

Snaaks hoe die verskonings nou kom toe die klomp skelms uitgevang is. Hulle kan net nie hulle hande van geld af hou nie. Hulle het ook geen skaamte nie. Een van die diewe het ‘n hoer pos gekry en haar salaris was verdubbel. Die gesegde “crime pays” werk wonderlik in die ANC beheerde land van ons.

JZ Myburg ·

N mens kan boeke skryf oor die verskoonings wat gegee word as mense uitgevang word as hulle hul hand te diep in die koekieblik gesteek het. groetnis JZ

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.