Bejaarde egpaar in aanval beseer; ‘rower’ doodgeskiet

Fanie en Rola Schoeman. Foto: Verskaf

Fanie en Rola Schoeman. Foto: Verskaf

ʼn Vermeende gewapende rower is gedurende ʼn rooftog doodgeskiet nadat ʼn bejaarde egpaar van Middelburg, Mpumalanga helder oordag deur drie mense in hul huis oorval is.

Fanie (76) en Rola (74) Schoeman is Maandag omstreeks 08:15 in hul huis deur drie gewapende mans oorval. Die egpaar se dogter, Nijinka Botes, het aan Maroela Media gesê haar pa het die deur vir die huishulp gaan oopsluit. Sy is toe na buite om wasgoed op te hang.

“Terwyl sy by die wasgoeddraad was, het die drie rowers by die huis ingeglip. Een van hulle het haar in die sitkamer ingedwing en ʼn mes teen haar keel gedruk. Hulle het haar gedwing om vooroor te sit sodat sy hulle nie in die gesig kon kyk nie,” het Botes gesê.

Toe Fanie oomblikke later uit die badkamer kom, het hulle hom oorval en probeer om hom op die grond vas te druk. Fanie het hom verset en terugbaklei, waarna een van die rowers begin het om hom van agter met ’n mes te steek.

“Hulle het my pa kamer toe gedruk en heeltyd gesê hulle soek vuurwapens en geld,” het Botes gesê. “My ma was nog op die bed in die kamer en een van hulle het bo-op haar gespring en haar met ʼn grassnyertou begin wurg. Sy het terugbaklei en hy kon nie daarin slaag om haar te verwurg nie.”

Intussen het die rowers steeds met Fanie langs die bed gestoei en hy kon daarin slaag om sy hand onder sy kussing in te druk en sy rewolwer uit te haal. “Hy kon niks sien nie, want daar was te veel bloed in sy oë, maar hy het sy rewolwer teen iets gedruk en geskiet. Die rowers het toe met my pa se beursie en sy rewolwer gevlug.”

Fanie is ná die voorval in die Midmed-hospitaal opgeneem met vyf steekwonde, waarvan een deur sy long is. Een van sy ribbes is ook gebreek, sy hand is gesny en hy het erge kneusplekke opgedoen. Rola was grootliks ongedeerd en het net ʼn snywond aan haar hand opgedoen.

Volgens Botes is die vermeende gewonde rower later onder ʼn brug vasgetrek met die rewolwer steeds in sy besit. Hy is Maandagaand in die hospitaal dood.

“My pa het net heeltyd baklei om my ma te beskerm en sy het heeltyd baklei om hom te beskerm. Hulle het vir mekaar baklei. Maandag het hulle hul 53ste huweliksherdenking in die hospitaal gevier,” het Botes gesê.

Sy het gesê haar ouers is baie paraat en altyd baie versigtig, “Hulle [die rowers] moet die huis dopgehou het en die oomblik wat die deur oopgegaan het, ingeglip het. Dit was nie asof my ouers hulle die geleentheid gegee het nie, hulle is altyd baie versigtig.”

Sy het gesê haar pa is Woensdagoggend ontslaan, maar sien nog nie kans om in die slaapkamer te wees waar hulle aangeval is nie. “Hy sit net heeltyd op die sitkamerbank met sy kinders om hom. Ons sal beslis vir hom en my ma berading kry om die trauma te verwerk.”

Kapt. Khanyesile Zwane, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê ʼn saak van huisbraak word ondersoek. ʼn Geregtelike doodsondersoek sal ook gedoen word. Geen verdagtes is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Debs ·

ai mense ek het nie meer woorde nie …………….. hier is hoopeloos te veel skollies op strate en so maklik om ou mense te teiken….. soek net geld en vuurwapens. Hulle is nie mense nie. Gaan ons ooit hierdie gemors kan stopsit? Sterkte aan die oom, tannie en familie. Mag julle net krag kry van ons Heer om julle te beskerm.

neelsie ·

Welgedaan. Baklei solank daar nog lug in jou longe is.
Sterkte vir die gesin.
Watter aandeel het bediendes in die aanvalle?

Peet Schabort ·

“Saak van huisbraak” ALLEEN !!! ???
Hierdie is ook POGING TOT MOORD of is die mesaanval omdat hulle nie doodluiters stilgesit het ?
Wat van AANRANDING ??
Nee wat, ons is net meer aangewese op onsself.
Sterkte aan Fanie en Rola. Julle is ‘n voorbeeld van paraatheid.

Hannelie ·

@Peet Schabort, ek stem saam! Hulle het nie eers ‘n deur of venster gebreek om in te kom nie! Net by die deur “ingeglip”! Dit kan onmoontlik nie ‘n saak van “huisbraak” wees nie!!!

tina ·

Ai tannie en oom Schoeman…my hart is stukkend wanneer ek bejaardes soos u, verniel sien deur ‘n klomp boewe. Al Maroela Media se lesers bid vir vinnige herstel en kan ons die liewe Heer net dankie se, vir jul gespaarde lewens. Ons staan agter al ons blanke mense wat ‘n oenskynlike teiken geword het – en wil ek my verstout om te se: dat ek vas glo dat daar ‘n vervolgingswaan deur rassistiese politieke groepe hier agter sit.
Ek het twee dinge om hier uit te lig:
1. Ek is jammer om te se, maar hierdie lafaards het hulp gekry en my vermoede is hul het moontlik op ‘n indirekte manier van binnekant jul huis, hulp gekry. Myns insiens het die huishulp te goed daarvan afgekom en kan ‘n mens net spekuleer wat beplan was. ‘n Mens wil nie graag glo dat so ‘n moontlikheid kan bestaan nie soos hier genoem – veral as hul jare lank by jou werk.
2. En dan aan: Kapt.Khanyesile Zwane :- baie duidelik is daar onder andere gese dat
Mnr. Fanie Schoeman terugbaklei het, OMDAT HY EN SY VROU SE LEWENS IN GEVAAR WAS..Mnr Schoeman met ‘n mes gesteek is..en julle ondersoek huisroof!!!!!!…wat van POGING TOT MOORD????
3. Het hierdie bejaardes hul dalk ingenooi of het hulle gekom met een doel en een doel alleen…om dood te maak; vrees in te boesem; te steel wat nie aan hulle behoort omdat hulle ook nou kamtig verontreg is en aanspraak kan maak op wat aan hul nie behoort soos in Zimbabwe ( of eerder STEEL want die woord ‘vat’ behoort net by beskaafdes )…wat dan ook gepropageer word.
Ek wil Sooo graag glo in ‘n demokratiese bestel, maar helaas met die huidige tendens is dit nie moontlik.
Ek KAN wel van my afrikaner-volk se: ons is soos ‘n doringboompie..hul kan oor ons ry MAAR ons SAL OPSTAAN en BY MEKAAR staan… ALLEENLIK ken net jou Skepper.

BullsEye ·

Huisbraak?? rerig?? is daar nie meer so aanklag gewapende roof en poging tot moord nie??

Dave ·

Tina, dit blyk dat die fout was om nie die deur weer agter die bediende te sluit terwyl sy uitgestap het om wasgoed aan die waslyn te hang. Nou klink dit asof draaihekke (turnstiles) geïmplimenteer sal moet word! Gelukkig was sy rewolwer nie in ‘n kluis maar onder sy kussing.

jape ·

Jy kan so versigtig wees as wat jy wil. As jy n bediende het wat hulle help staan jy nie n kans nie. Maak self skoon.

boer ·

Stem saam,maak mar self jou huis skoon,en as jy kan hou jou tuin ook self in stand.
Hou jou geweer aan jou of naby jou, dit maak jou kanse vir oorlewing beter as wat dit in die kluis toegesluit word.
Iets is aan die broei, vuurwapend en geld, dis eeste of die lysie met hierdie gevalle. Maak hulle dalk reg vir iets groter,soos n burgeroorlog?

Ina Smith ·

Hoekom word die ‘ rower ‘ tussen hakkies geplaas ,, as jy onwettig in iemand se huis is met ‘n doel om te steel en met vuurwapens is jy mos ‘n rower / dief /skelm /oortreder/ selfs moordenaar … .Jammer vir die arme mense wat so verniel is .. Sterkte ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.