Bewyse: Bedelaars is verslaaf

Foto: Adéle Changuion

Foto: Adéle Changuion

Bedelaars by verkeersligte en ander openbare plekke is meestal dwelmverslaafdes en gebruik die geld wat hulle van die publiek kry vir dwelms. Hierdie skokkende gevolgtrekking spruit uit onlangse navorsing deur Solidariteit Helpende Hand onder bedelaars. Op grond van die studie glo Helpende Hand dat skenkings eerder aan betroubare instansies gemaak moet word om armoediges by te staan. Die organisasie ontmoedig mense om by verkeersligte geld aan bedelaars te gee.

As deel van Helpende Hand se #geeREG-veldtog het die ervare joernalis, De Wet Potgieter onderhoude met bedelaars gevoer om vas te stel of die skenkings hulle lewe verbeter.

Hy het gesprekke met talle straatbedelaars gevoer, asook met bedelaars by die Moeggesukkel rehabilitasiesentrum in Pretoria.

Potgieter het bevind dat die geld wat bedelaars kry meestal vir hul verslawing aangewend word eerder as vir behuising, klere en selfs kos. Die bedelaars se verhale getuig daarvan dat die meerderheid van hulle met verslawing worstel.

“As ek vir jou kan sê 90% van hulle is verslaaf aan dwelms dan vergroot ek nie. Miskien meer. En ál  hulle geld is bedelgeld. As jy op drugs is, het jy nie ʼn eetlus nie. Jy wil nie eet nie. Dis hoekom die ouens so maer word,” het een van die bedelaars gesê.

Volgens Nicolien Welthagen, senior navorser by Solidariteit Navorsingsinstituut, is dit vir die publiek onmoontlik om onderskeid te tref wie verslaafdes is en wie nie. Ook weet hulle nie wie die geld sal aanwend om kos te koop nie en wie dit vir dwelms sal aanwend nie.

“Om kos te gee is ook nie ’n opsie nie, want kos word maklik verkoop vir geld wat weer op dwelms spandeer word.”

Bedelaars is deel van die samelewing en ’n oplossing moet gevind word vir die groeiende probleem. Die studie het verder aangedui dat die oorgrote meerderheid verslaafdes hulp wil hè  om hul verslawing te beëindig, maar dat hulle gespesialiseerde hulp nodig het.

Op grond van die studie glo Helpende Hand dat skenkings aan betroubare instansies van groter waarde vir bedelaars en verslaafdes is as om by verkeersligte die bedelaars geld te gee. Hiérdie  organisasies is in staat om ‘n blywende verskil te maak.

Laai die volledige verslag hier af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Mattewis ·

Ou Benna, van al die kommentare hieronder, wen joune eerste prys! Jy sê, gee hulle werk, dis al… Hoeveel bedelaars het jy al van werk voorsien, en hoeveel van hulle het daardie werk behou? Sien, dis makliker gesê as gedaan.

Eliza-beth ·

Ek gee NOOIT vir mense by robotte nie; daar is selfs ene wat beweer sy het kanker – twak man, mens spot nie met siekte nie! Dan skeer sy haar hare kort – ekw eet hoe lyk iemand wta kanker het en hul hare val kol-kol uit, die nie mooi eweredig geskeer nie. SIEK! Ek verpes ook hierdie gier waar skoolkinders wat op een of ander skooltoer wil gaan ook deesdae (in Krugersdorp ja!) wil gaan en dan dink ons moet hul geld vir dit by die robotte gee. Sies vir daardie skole julle laat jul leerlinge bedel, wat se voorbeeld is dit? Ek skenk aan kinderhuise, diereorganisasies en die welsyn, hulle weet hoe om dit reg te bestee. Ek sal dalk nog ‘n vrug of so gee maar geld – NOOIT! Hulle het ook altyd een of ander gladde swaarkrystorie en weet baie mense val vir dit. En dan staan hul nog so half in die pad mens ry hul amper raak – hulle is niks anders as ‘n ergernis nie. Nee wat, waar is hul trots, gaan was karre, vee mense se stoepe of help in die tuin as dit so sleg met jou gaan en jy nie werk kry nie. Maar ja, dis mos w-e-r-k en by die robot bedel is makliker. En belastingvry! Ek werk hard vir my geld, bedelaars kry dit nie, klaar. Oei, word ek nou ergelik hier.

Ghost ·

Eliza-beth stem met jou saam. Hulle wil nie werk nie. Bied jy vir hulle n werk by jou huis aan dan het hulle alle verskonings. Gee jy vir hom n brood omdat hy honger is, gooi hy hom weg sodra jy weg is.

Eliza-beth ·

Ghost jy is reg. Eenkeer het ‘n bedelaar ons verpes waar ek gewerk het, aan die ruite bly klop en doen. My baas gaan toe na die supermark langsaan vir iets en vra die man toe vir brood want hy is dan so honger. My baas koop toe ‘n brood en ote hy uitkom gee hy dit aan hom. Sal die ding nie wraggies agter hom aanhol en in die kantoor instorm en vra wie dink hy is hy om hom net ‘n brood te gee, hoe verwag hy moet dit eet sonder botter en konfyt en smyt dit neer op sy lessenaar!! Kan jy dit glo?Toe gryp ek daai brood en gaan na buite waar ‘n swarte net staan en wag vir iemand en voor die slegding vra ek wil jy dalk brood he en ja, alte dankbaar vir die pasella neem hy dit. Jy moes die vuil kyk sien wat die bedelaar my gegee het. So ja, ons het almal daardie dag ook gesweer nooit ooit weer nie!

Jakoos ·

..dan is daar die as jy nie iets gee dan wys hul jou middelvinger! Ek lag in hul gesigte!

Christie Joubert ·

Skenk aan diere projekte. Daar is dit werklik n nood.

Maureen ·

Ek het altyd kos gegee en toe ek wou kos en water gee toe weier hy om dit te vat.Dis toe ek besluit het hulle sal nie weer iets kry nie want ons werk hard vir ons geld om kos en dak oor ons koppe te sit en dan moet ons nog vir hulle gee want hulle is te lui om te gaan werk.Al bied jy werk aan vir hulle hulle sal nie want dis makliker om geld op straat te kry.So ons moet hulle net ignore.Ek sal eerder vir die mense wat kar wagte is gee want hulle doen moeite om te werk vir bietjie geld.

CHRISTA ·

Ek stem! Ek gee liewer vir die karwagte R2 én ‘n goedkoop sweetie, soos minte wat jy by koffiewinkels kry as hulle jou rekening vir jou bring. Jy moet die verbasing op hulle gesigte sien as jy die 1ste keer daardie sweetie met die geld in hulle hande sit!!!

Francois ·

‘n Kollega van my, wie se broers ‘n boer en ‘n CA is, se suster en haar dogter (55 en 28) bly so op straat. Die familie het al vir hul alles gedoen, maar verniet. My kollega gaan deur hel met hulle al vir jare. Hulle bel hom elke dag en vrae vir geld. Ek wou by my kollega weet hoe oorleef sy suster op straat. Sy antwoord aan my was “deur leuens” . Hulle is patalogiese leunaars, en die stories (leuens) wat hulle vertel is onbeskryflik. Dit is soos al hierdie mense op straat oorleef – deur leuens.

Ester le Roux ·

Ek kan net sè …. dit is waar meeste bedelaars is verslaafdes….maar weet JY hoe voel dit om verslaaf te wees? Weet jy hoe erg is ontrekking. ? Weet jy HOE graag WIL die verslaafdes op hou maar hulle KAN nie? Weet jy hoe moeg, moedeloos, hartseer voel die ma’s pa ‘ vrouens mans ? Moet hierdie verslaafdes eerder steel? Moet eerder nie oordeel nie. …bid vir hierdie mense en stem v ‘n beter land waar mense soos bedelaars gehelp word.

Francois ·

@Ester. Ja, sal sal beter WEES as hulle moet steel. Dan word hulle IN hegtenis geneem en gevonnis. Dan kry hulle nie MEER die geleentheid OM dwelms te koop OF gebruik nie.

Francois ·

Ek sien ons is nou twee Francois’s op die site. Watter een is nou wie en wie gaan altyd die vark in die verhaal wees. Lyk my na ‘n looohole wat Maroela misgekyk het.

Francois Le Cochon ·

@Francois. OK, van nou sal ek Francois Le Cochon wees

CHRISTA ·

Dis nie ‘n ekskuus nie! Om enige verslawing af te skud is swaar, maar as jy daarmee deurdruk KAN jy dit doen!! Waar ‘n wil is is ‘n weg. Selfs om op te hou rook sê almal is so swaar. Ek weet nie, want ek het NOOIT in my lewe gerook nie. Maar my man het tussen 40 en 60 Camel ‘n dag gerook toe ek hom leer ken het. Ek het hom EEN keer gevra om op te hou en hy het gesê as ek ‘n goeie rede het sal hy ophou. Ek het hom vertel dat ek my Pa verloor het 2 weke voor my 21ste verjaarsdag. Hy het emfiseem gehad en was maar net 54 jaar oud. Hy was 5 jaar siek en die laaste jaar bedlêend met stuurstof 24 per dag. My man het sy sigaret daar en dan uitgesit, vir homself suikervrye Stimirols gekoop en elke keer as hy lus gevoel het om te rook het hy aan die Stimirol kougom gekou. Na 6 maande het hy DIT ook weggegooi. Dis nou 31 jaar later en hy het NOOIT WEER aan ‘n sigaret gevat nie. HYSELF sê: It’s in your mind. If you make up your mind, YOU CAN DO IT!!!

Jakoos ·

In Krugersdorp was ‘n jong outjie wat ook gebedel het vir verdowingsmiddels en toe met oorreding en hulp na ‘n sentrum is en nie ‘n week of so later terug op straat en weer aan’t bedel. Dis geen verskoning. Klim uit jou sleg omstandighede uit – wees ‘n MAN, dit gaan moeilik wees ja, maar as jy enige selfrespek het sal jy dit doen. Hulle WIL nie hulp he nie dis lekker en maklik om te bedel!

NAAMLOS EN MOEDELOOS ·

Ek wens ek weet wat aan gaan daar is my broer hy is ‘n dobbel verslaafde en is al vir 2 maand weg wat niemand hom gesien het nie en is in die Edenwale area sy vriendin is toe gesluit en die Mafia shark loaners wag vir geld wat hy eers moet betaal ek weet nie of dit waar is nie ek weet nie eers wat om te doen nie. enige raad vir my asb.

Sollie ·

As almal sal ophou gee en die spul ignoreer sal dit gou stop. Maar nou voel party skuldig en glo die twakstorietjies en gee iets. Dis totaal verkeerd. Ek stem daar is hope instansies wat wettiglik bestaan en mense wat sukkel help, ondersteun hulle. Daar het Sunette Bridges ook haar … gesien want sy het die spul dammers van Krugersdorp probeer help en meer as die helfte alweer weg want wou nie arm uit die mou steek om te werk vir hul kos en verblyf nie. Hulle WIL sleg wees want dis so maklik.

SILVIAW ·

Ek stem , moet nie geld , kos of enige iets gee nie ! Moet ook nie vir die SO-CALLED INSTANSIES eers n donasie gee nie , die geld word misbruik en word nooit vir die regte redes aangewend nie ! Elke mens het n keuse , en hulle die bedelaars KIES dwelms bo enige iets anders !!! Hulle sal aanhou bedel , omdat ons gee !!!!

Miemie ·

Hoe bereik ek Helpende Hand. Ek moet binne die volgende twee weke beide my dogtertjies aan hul Pa afstaan oor swaerkry en sukkel. Soek graag hulp voor ek hulle verloor. ‘n Dag sonder hulle is te lank.

Liewe lulu ·

Wel die afgelope tyd gee ek nie eers meer vir die karwagte geld. Ons was op pad Vrystaat toe. Stop op Delmas by Spar. Daar word by ons Tuscon ingebreek. Die (blanke) karwag trek net haar skouers op en se dit is nie my blok nie

Wil weet ·

Ek sien hier is ‘n Francois wat ook post. Hoe sal ons nou weet watter een is die vark in die verhaal, want dis nie EK nie. Maroela, hier is ‘n loophole waaraan julle dalk nie gedink het nie. Wat nou?

Dave ·

Hy klop een middag enkele jare gelede aan die deur van my ma se huis. Toe sy oopmaak staan hy daar – ‘n wit ‘boemelaar’. Kan hy ‘n toebroodjie kry van appelkoosjam, vra hy. My ma, ‘n afgetrede boervrou en sakevrou, sê toe hy moet wag en sy gaan maak vir hom in haar kombuis ‘n heerlike toebroodjie met ‘n paar lae kouevleis.

Toe sy dit vir hom gee vra hy ru met ‘n harde stem: “Vleis? Ek het dan gesê ek wil appelkoosjam hê!”
Sy verduidelik toe dat sy nie appelkooskonfyt het en dat hy tevrede moet wees met wat hy kry.

“En” vra hy, “moet ek dit droog eet? Waarom is hier nie koffie by?”

Sy vererg haar en na ‘n paar harde woorde sê sy dat hy moet wag. Sy maak toe ‘n beker koffie en toe sy dit vir hom gee wou hy ergelik weet waarom daar so min suiker in is. En, vra hy, waarom moes hy so lank wag. Kon sy die koffie nie vinniger maak? Dink sy hy het tyd om die hele dag daar te staan, wou hy weet.

Toe sy sê hy moet die koffie neersit en skoert skaterlag hy en gryp haar om haar skouers en noem haar tannie. Dit is toe ‘n vriend wat dekades gelede saam met ons groot geword het en twee huise daarvandaan ‘n ander vriend gehelp het met ‘n taak en vuil en besmeer was. Toe die vriend sê wie daar woon het hy gaan boemelaar speel wel wetende dat sy hom nie na soveel jare sou herken en hy het sy rol gespeel met buurman laggend loerend oor die heining.

frikadel ·

Wie is ons om te oordeel? As iemand vir jou se hys honger, gee aan hom kos as hy dit. wegsmyt sal hy daar oor rekenskap eendag moet doen . as jy nie doen. gaan jy rekenskap moet doen . So verwag Jesus ons moet lewe. moenie laat jou linkerhand weet wat gee jou regterhand.

fransie rowles ·

Jammer ek gee nie vir bedelaars nie!!
En 99% wil nie werk nie, hul kry in elk geval meer deur te bedel.
En ongelukkig kan mens nie alle instansies vertrou nie.
Ek gee waar ek sien mense het hulp nodig!

Theresa ·

Al die redes waarom hul bedel is waar. Maar, ek glo nie dat almal so sleg is en nie wil werk nie. Ek wonder hoeveel word so ‘n persoon aangebied vir ‘n werk? Sou dit genoeg wees om die vervoer en verblyf en kos vir ‘n maand te dek? Het al baie nare goed gehoor. Die wat my die meeste irriteer is wat so platval op die teerpad en die beste dramastuk opvoer. Seker maar onwettig hier en bly in ons voorstede iewers in die gras. Dis ook nie reg nie. Ek wil nie eers begin dink aan die onhigiëniese toestande waarvoor ons belasting betaal om die areas kamstig skoon en netjies te hou nie – ons wat ons sterte af werk (ook maar nie noodwendig hoë poste of groot salarisse nie) hou ons kant skoon. Maar die massas wat in verslete klere, vuil en bedelend of hul kinders op hul heupe deur wind en weer laat saam bedel – dis ‘n skreiende skande en die regering moet dit kortvat. Die kinders wat aangewend word om die lui (dalk moedelose, maar steeds kansvattende lui ma) ma se besems te verkoop by die robot op besige Saterdae, moet deur die Metro vasgevat word.
Die gemeenskap help deur om te kla en te verkla, maar dis die geregsdienaars wat moet optree. Hou die strate skoon – dis die belastingbetaler se reg!

Han ·

Theresa, hoe heerlik om ‘n kommentaar te lees wat foutlose spelling bevat en ook sin maak!

Rene ·

Ek koop graag besems by die vrou en haar kinders. Miskien het sy nie iemand by wie sy hulle kan los nie. Ten minste verkoop sy iets wat bruikbaar is en sy leer haar kinders om te werk, nie om te bedel nie. Ek sal eerder ‘n koerant koop by die verkeerslig as geld gee vir die bedelaar by dieselfde verkeerslig.

A.Willemse ·

In Pretoria is een ou al jare op dieselfde hoek, as hy so honger is as wat hy voorgee om te wees moes hy al lankal ‘n ander hoek gesoek het. Ek dink die ou wat hom van dwelms voorsien beskerm sy hoek vir hom teen ander bedelaars, en die dodelikke honger is goeie toneelspel en waarskynlik winsgewend , veral vir die verskaffer-eienaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.