‘Boere verwerp ANC-beleid om 50% vir plaaswerkers te gee’

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Die meerderheid van die boere verwerp ʼn beleid wat die afgelope naweek deur die ANC by sy nasionale hoofraadsvergadering aanvaar is, naamlik dat plaaseienaars die helfte van hul aandele aan plaaswerkers moet gee, het die landbou-unie TLU SA Maandag gesê.

Louis Meintjies, president van TLU SA, het gesê hy het pas teruggekeer van ʼn inligtingstoer deur die landbougemeenskappe in Gauteng, Noodwes, die Vrystaat en KwaZulu-Natal. Die boere met wie hy samesprekings gehou het, staan sterk in hul waardes van ʼn vryemarkstelsel en privaat eienaarskap.

“As deel van vrye onderneming kan daar geen gedwonge inmenging in die eienaarskap van ’n plaas wees nie en daarom stel ek kategories dat die meerderheid van die boere in Suid-Afrika die ANC se beleid dat hulle 50% van hul plase aan die plaaswerkers moet gee, in sy geheel verwerp,” het Meintjies gesê.

“Ek het geluister na pres. [Jacob] Zuma se toespraak waarin hy dit duidelik gemaak het dat die ANC en die SAKP in sosialisme en kommunisme glo en dat hulle hul beywer om dit in Suid-Afrika in te stel. Die wêreld het genoeg bewyse in ander lande gesien wat die rampspoedige gevolge van kommunisme is, veral op die landbousektor,” het hy gesê.

“Daar kan nie van boere verwag word om by te dra tot hul eie ondergang deur enige vorm van polities korrekte grondhervorming  te aanvaar, of ʼn persentasie van hul plase aan hul werkers te gee, of hulle deel te maak van enige sosiale program wat die verantwoordelikheid van die regering moet wees nie.”

Meintjies het verder gesê Zuma se uitspraak dat daar geen plek vir ondernemings in Suid-Afrika is wat nie die ANC ondersteun nie, is kommerwekkend. “Met ander woorde, beteken dit die ANC se guns moet op die een of ander manier gekoop word as jy wil sake doen in Suid-Afrika? Sou dit waar wees, maak dit die ANC die grootste misdaadsindikaat in die land.”

Hy het bygevoeg hy is verbaas deur die vasbeslotenheid van boere om voort te gaan met hul bedrywighede, ten spyte van die ernstige droogte wat, vir ʼn tweede agtereenvolgende jaar, rampspoedige gevolge vir die landbou inhou. “Hierdie vasbeslotenheid kan ook gesien word in hul verenigde weiering om te onderhandel oor die eienaarskap van hul grond.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

ANDRÉ ·

Meeste van hierdie plase is geslagte lank in dieselfde families. En hierdie families het baie hard gewerk en baie opgeoffer om hierdie plase te behou en aan hulle kinders na te laat. Nou kom hierdie klomp van ‘n ander kerk en verwag dat ons sommer net die helfte van ons plase aan hulle moet gee, aan hulle moet skenk!! Al wat ek kan sê is…”Oor my dooie ligaam!”

RSA ·

Andre, ek stem saam met jou ,oor my dooie liggaam. Ek sal baklei vir wat myne is,
en vat sal jy dit nie net kom vat nie.

Hierdie sal die begin van n burgeroorlog wees,as die ANC dit op ons afdwing

jp ·

Dis die probleem… Met al die plaas aanvalle vat hulle dit oor mens se dooie liggaam, en werp dit uit as ‘n normale poging van huis inbraak ens ens

SNEL ·

Waar in jou lewe sien jy dat iemand iets koop, hard werk om dit n sukses te maak en dan die HELFDE net so moet WEGGEE vir mahala, en ek is seker die boer sal dan nog verantwoordelik moet wees om die 100% daarvan instand te hou, al besit hy net 50%. Natuurlik sal enige mens die beleid verwerp. Hoop regtig dis iets wat nooit uitgevoer sal word nie.

Johann Marx ·

Dink tog bietjie uit die boks uit vir ‘n slag, toe man, Suid Afrika??? Voorbeeld: Ek het ‘n plaas. Die regering wil hê ek moet die helfte van my plaas aan swart mense gee. Maar jy kan nie net helfte van die plaas kry nie…..jy moet ook die helfte van die verband, oortrokke rekening, kooperasie rekening, bedryfs-uitgawes, krag-rekening, ens. vat. Nou’t jy die helfte van die plaas….maar ek het al die toerusting, trekkers, lorries, en implemente. Hoe gaan jy op jou helfte boer? Korrek. Jy kan my toerusting by my huur, vir ‘n gedeelte van die opbrengs wat dit tot gevolg het. En as jy uitvind jy kan eintlik boer nie? Dan wag ek vir die likwidasie veiling en koop “jou helfte” terug vir ‘n fraksie van wat ek daarvoor betaal het!!

vermeende ·

Johann dit lyk of jou planne klaar uitgewerk is om te coin. In realityt gaan dit anders werk.
Eerstens, die helfte wat jy afstaan gaan aan die staat behoort en nie aan die nuwe boer nie.
Twedens, sodra die eerste kaja opgeslaan is dan gaan die ander volg tot jy n lokasie by jou het. Alles wat jy besit sal begin voete kry tot op n dag waar jy of jou vrou ook hier op maroela van berig word. Onthou net die prys word bepaal deur aanbod en aanvraag en sodra dit gebeur dan is jou grond niks werd nie. Dink jy regtig die staat sal jou die helfte van al jou skuld betaal???
Nee my vriend dink maar weer nader aan die boks. Die ANC wil juis weg beweeg van die wereldhof en dit beteken, sodra die staat hierdie planne begin deurvoer dan kan ons boere gemeenskap die staat nie voor die wereld hof daag nie. Niemand sal tot ons reding kom nie.

Annie ·

Dit begin seker maar by die plase en dan by ons woonings in die dorp. Dit is belaglik!!!! Niemand in sy gesonde verstand sal so n voorstel maak nie. Nie as jy self moes werk vir wat jy in die lewe gekry het nie. O ja, maar dit is juis hoekom die Anc sulke dinge probeer afswing, omdat hulle net vat en glad nie vir iets werk nie!!! Geen persoon of instansie kan enige persoon dwing om helfte van st grond vir werkers te gee nie!!!!!

BoereBikerBaby ·

En so gaan Suid-Afrika se hongersnood begin, want ek weet die 50% gaan nie gebruik word om mee te boer nie.

Herman Stadler ·

Waarom gaan daar in die ou Tuislande niks aan nie – hulle kon ook vooruitstrewend gewees het , as hulle daar gewerk het, maar nou
moet ons ons grond net weggee. Belaglik!

Rudi ·

Laat my dink aan Mogabe wat wit Zimbawe besighede gedwing het om 50% van hul besighede aan swartes te gee. Dit het wonderlike resultate gehad in Zim

Jan maak n Plan ·

Die ANC kan maar die helfte van my plaas vat, asook helfte van my skuld saam met dit – op voorwaarde dat die boere die helfte van die ANC kry. What is fair is fair.

Jan maak n Plan ·

Die ANC kan maar die helfte van my plaas vat, asook helfte van my skuld saam met dit – op voorwaarde dat die boere die helfte van die ANC kry. What is fair is fair.

Griki ·

As die boere 50 % van hulle aandele aan hulle werkers gee, gaan hy nog steeds die hoof-aandeelhouer wees en vetoreg hê. Verstaan die ANC wat dit impliseer? Verder moet die ANC dan 50% van sy aandele aan sy kiesers gee, alle besighede moet dan 50% van die besighede aan hulle werkers gee, ens. ens. – en hoe gaan dit werk? O, jammer, nee dit sal hulle nie pas nie so dit sal nie so gebeur nie. Die ANC se idee totaal belaglik en kom neer op diefstal.

Rubelien Rheeders ·

Ek het geweet, geen regdenkende boer sal so iets toelaat nie. Dit waarvoor ons vir jare hard gewerk het, kan nie net gegee word nie. Ons het nooit niks verniet gekry, alles wat ons besit, is voor betaal.

Giel Olivier ·

Die enigste probleem lê ongelukkig in die eerste sin van die verslag hierbo! “Die meerderheid van die boere stem nie saam nie”, met ander woorde weereens is daar ‘n paar bang gatte wat gaan toegee en sodoende die appelkar omgooi! Ek sal graag ook wil sien en hoor wat dieTLU en Agri SA se leiers saam rakende die punt besluit het! Ongelukkig roem die Afrikaner mos op sy swakheid en dit is dat ons nie kan saam staan nie! As gevolg hiervan sal die Afrikaner tot ‘n val kom!

Tania ·

Miskien is dit die swart boere wat stem vir die ANC se plan.

Theo ·

Giel. Ek verskil van jou as dit kom by “boere wat nie kan saamstaan nie” Bitter, bitter baie dinge het verander en ek hoop jy raak betrokke. Groete.

Annie ·

Giel, soos ek dit lees….daar was nie met alle boere gepraat nie, ek neem aan dit was slegs ‘n ‘steekproef’ en dat dit slegs neerkom op “skrywers-taal”
Ons mense….boere en nie-boere is besig om kwaad te word.
Ons dien ‘n Lewende God, hierdie duiwels kinders is ook besig om Onse God uit te tart,
geen mens wat aan God glo en verstaan wat die Bybel is, of sê of wat dit beteken kan sulke dinge doen nie!
Julle satans se dae is getel…..glo dit maar, indien nie, wag en sien……!!!

Gerhard ·

Ons ANC regering het hierdie onverdiende eienaarskap van eiendom in besigheid afgedwing. Gelukkig aanbid ons n lewende God. As ons verklaar en glo dat Hy ons bron is, kan nie eers Jacpb Z verhoed dat God jou seën. Geen mens kan maai waar hy nie gesaai het nie. Kan God jok. Kom ons bly harde werk saai. God sal sorg dat ons on oorvloed oes. Politieke leiers kom en gaan God se woord is altyd Ja en AMEN.

Rina van Vuuren ·

Dit is die waarheid. Net ons Vader sal vir ons boere kan help. Staan saam boerevolkie en kyk wat Vader vir jul gaan doen. Daar is baie gebede wat op gaan vir jul. Behou geloof in Hom. Hy is ons enigste bron van krag , waarheid en lewe. Spreek lewe en doen wat woord se.

Janine ·

Hallo Afrforum!

Ek is bevrees die anc is doodernstig oor hul kommunistiese voornemens. Dis die enigste manier waarop Z aan bewind kan bly – tot sy dood. Miskien kan julle ook meer lig werp op die kamtige militere “oefening” wat tans in Upington aan die gang is en ook op die Russiese bote wat in ons hawens le onder die dekmantel dat hulle die SA polisie help teen dwelmmisdaad. Het ons eie mense dan regtig so pateties geraak dat ons niks meer vir onsself kan doen nie? Ek is met die helm gebore en kan “aanvoel” dat hier ernstige dinge op pad is. Asseblief, moet dit nie ignoreer nie. Ons almal se lewens en toekoms is op die spel. ‘n Mens durf nie eens meer ‘n huis te koop of ‘n plaas te besit nie. Ons enigste vertroue is op God.

Suidwester ·

Geen kommentaar van my kant, kyk hieronder wat skryf n ene Dr Rogers in 1931.

“You cannot legislate the poor into freedom by legislating the wealthy out of freedom. What one person receives without working for, another person must work for without receiving. The government cannot give to anybody anything that the government does not first take from somebody else. When half of the people get the idea that they do not have to work because the other half is going to take care of them, and when the other half gets the idea that it does no good to work because somebody else is going to get what they work for, that my dear friend, is about the end of any nation. You cannot multiply wealth by dividing it.”
~~~~ Dr. Adrian Rogers, 1931

Eddie ·

Dit maak n mens so de hel in dat die klomp dink alles kom hulle toe. Daai boere werk al vir jare op daai plaas en nie eers te praat van al die bloed en sweet wat ingesit is om kos op ons tafels te kry nie. Kyk na Zimb dan sien ons presies wat gaan gebeur. Al die staal gaan vir scrap metal verkoop word en niks gaan geplant word nie. Maar in die selfde asem sal hulle verwag daar moet PAP in die bord wees. Zuma moet van daai stoel af gegooi word en iemand wat egter kan dink hom vervang. Geen maar geen mens wat iets tussen sy ore het sal die kosbron van n land opmors nie. En dit is presies wat gaan gebeur. Is moeg om te sien hoe hierdie klomp van die ANC alles in hierdie land van ons opneuk en kom weg met dit. Zuma gee 50% van jou Nkandla aan jou broers en kom ons sien wat doen hulle met dit.

Johann Marx ·

Haha. “Dr Rogers” het dit seker in 1931 geskryf in ‘n “Wit, Eerste Wêreld Land” waar die gemiddelde IK effens hoër is as die Afrika Standaard? “You cannot multiply wealth by dividing it? Hau? What nonsense! We are the ANC….we can multiply anything by dividing it!!! Vote for us and we will show you. Viva Afrika Viva…

Leoni Benghiat ·

Ek is nie verbaas dat die boere in opstand is nie. Dis een van die onregverdigste goed waarvan ek nóg gehoor het! Vir geslagte lank al boer die mense op die plase, verskaf werk, huisvesting en kos aan die land se inwoners en nou moet hulle van die helfte afstand doen. Ongelooflik. Dis wraggies net in Suid-Afrika dat iemand met so ‘n onnosel voorstel vorendag kan kom en dit heel moontlik in die wetboeke gaan opneem.

Sanet ·

Heeltemal belaglik. Ek kan nie help om te wonder nie. As hulle nou sê die boere moet die helfte van hulle plase vir die werkers gee. Moet hulle dan nou steeds die werkers betaal om op die “werkers” se grond te werk? Want die “werkers” sal mos nou nie meer op die boere se grond wil werk nie. Moet die boere dan nuwe werkers kry en dan na ‘n paar jaar eis die “werkers” ook die helfte van die boer se grond met geweld want hulle het dit dan vir die ander werkers gedoen. Dit is ‘n kommerwekkende belaglike idee.

Pietie ·

Hierdie belaglike idiotiese idee laat my dink aan die gesegde van Einstein: “The only difference between brilliancy and stupidity is that brilliancy has got limits!”. Hierdie geklikheid kan tot n burgeroorlog lei, maar die spul sotte besef dit nie!!.

Liewe lulu ·

Beteken dit nou ek kan n deel van nkandla eis oor ek belasting betaal (so tong in die kies) vra ek dit

vermeende ·

Net my gedagte en waarskuwing.
Geen boer vandag gebruik net 50% van sy grond nie dit wil se, ons kan verwag dat die jaarlikse voedsel produksie ook sal halfeer en dit beteken nie dat kos nou twee keer so duur gaan wees nie. Nee dit gaan teminste 5keer so duur word. Gebruik die tyd om jou spens vol te maak!

pop ·

Niemand wat iets verniet kry en nie bloed gesweet het om dit te kry sal ooit iewers kom nie. Dis ongelukkig die kultuur wat die ANC voorstaan. Verwag alles net en vat net. Al klaar binne 20 jr begin ons die vrugte pluk in SA oor die manier van dink.

mara fourie ·

Laat al die Boere saam staan en weier om hul grond af te gee. Dis die enigste antwoord

Dup du Plessis ·

‘n Plaas is ‘n besigheid, nes die kafee op die hoek of ‘n klerewinkel. Wie gaan die helfte van dit net weggee? As jy nog 2 of 3 kinders het aan wie jy die plaas sou bemaak, moet hulle nou met die helfte tevrede wees? Die paaiement wat jaarliks / maandeliks betaal moet word – die gedagte sal natuurlik wees dat die boer die volle paaiement vir ‘n halwe plaas moet betaal. Wie met ‘n normale verstand sal vir ‘n besigheid of ‘n huis betaal maar die helfte daarvan weggee vir “mahala”. Dan kan net sowel gevra word dat elke boer vir sy werkers (afhangende van hoeveel) ‘n plaas of plase bygekoop moet word. Wie gaan nou die werkgewer en wie gaan die werknemer wees? SA boere het deur eeue se harde ervaring die suksesvolste voedsel produsente in ‘n baie droë Afrika geword. Hulle is ‘n handjievol wat sorg dat daar vir miljoene jaarliks voedsel geproduseer word. Die ewewig is reeds versteur met grondhervorming wat produktiewe plase vir altyd uit die mark haal. Soos wat grondhervorming groei gaan dit nie meer baie jare wees voordat daar grootskaalse voedsel tekorte ondervind gaan word nie. Met die bevolking wat ontplof, boere wat uitgemoor word en grondhervorming is die skrif reeds teen die muur – ongelukkig kry almal dit nie gelees nie. Wanneer ‘n werker nou sy lekker helfte gekry het, wie moet nou vir die nodige finansiering instaan om hierdie grond te bewerk? ABSA, FNB, STANDARD bank of die boer as borg vir sy werkers neem ek aan? Het hierdie ouens enige idee wat se geld dit kos om ‘n oes in te sit? Die trekkers, beeste, skape ens. wat benodig word om te kan boer – gaan dit ook gedeel moet word? en so kan ons aangaan. Kan ‘n normale mens so ‘n plan uitdink?

Fanie ·

Laat hulle nou net die boere se grond vat, dan gaan vat ons en d boere net waar ons wil, wat ons wil.
Dit werk mos nou so.
Dit lyk of d ANC Anargie wil afdwing!!
Ons is halfpad daar.

Kobus ·

Ek hoor al daai bekke as hulle die eerste maand nadat hulle die helfte van die plaas gekry het, net die helfte van hulle loon kry! Die boer kry mos nie ‘n salaris nie, hy moet wag vir die opbrengs uit die oes. So, hy betaal hulle die helfte van hulle loon vir die arbeid op sy helfte en hulle wag vir die opbrengs op die oes van hulle helfte! Binne ‘n jaar of twee is daar net die helfte van die plaas wat produseer, want hulle kan nie boer sonder dat die boer nie vir hom sê wat moet gebeur nie, So die boer sal ook hulle helfte moet bestuur. Dan kan hy weer ‘n salaris van hulle eis. Indien hulle nie kan betaal nie, want hulle gaan alles wat inkom gebruik om nuwe karre, selfone ens te koop, dan vat die boer weer sy grond terug. LOL. !!!!!

Janes Barnard ·

Hoekom net die landbou teiken. Landbou het ‘n besigheid geword net soos enige ander besigheid in ekonomie. Laat al die besighede in die ekonomie dan hulle 50% afstaan. Net ‘n idioot wat dink dit sal uitvoerbaar wees.

Winston ·

Daar gaan weer net n paar boere wees wat sal teen skop. Ons is hopeloos te slapgat vir enigheid. Wat eintlik moet gebeur is dat almal moet saamstaan om die geklikheid te keer. Kom ek nooi almal uit vir so n massa optrede. Julle werf onder almal wat julle ken. Vergeet van ras, kleur, godsdiens en politiek vir n slag. Kom ons probeer miljoene mense betrek. Wat dink julle?

Theo ·

Ek stem saam Winston, maar dit is al reeds aan die gebeur. Raak betrokke en sluit aan. Groete.

Chris ·

Wat van die 2.8 miljoen hektaar wat in besit van die Ingonyama tust is ? Of die ander miljoene hektaar in ander trustgebiede asook staatsgrond ?

Dan ·

Wat hy nie kan verstaan dat die boere vasbeslote is om nie afstand te doen van hul helfdes nie, dit nadat die boere se lewens onveilig geword het, of hulle vasbeslotenheid weens die droogte. Hierdie ou lyk my dink soos n rampokker wat sy sin wil he al is dit ten koste van n ander se ondergang.

dewet weskaap ·

Die ANC regeer nie met logika. Die Freedom Charter bepaal dat kommunisme sal seevier en dat alle besit van eiendom en bates gekonfiskeer gaan word. Gaan lees gerus die ANC se beleid op hul webtuiste. Afwesige belastinggelde en weiering van voedselvoorsiening is die eerste sleutel tot sukses.

Anna-Marie ·

Dit sal ‘n baie hartseer dag wees. ek dink Jacob Zuma prober nou net die kalklig van hom afhaal, sodat die volk van Nkandla moet vergeet.

Ampie ·

Waar is Agri SA se kommentaar???? Agri SA ons wag. Julle het mos saamgespan om die verdeling op sekere plase te toets.

Gert ·

Hulle is nou besig om presies te doen wat in Angola gedoen word. Die ANC se voorsade kom uit Angola en lyk my dit vloei in hul bloed. Jy mag geen besigheid on Angola besit indien die staat nie i deel daarvan besit nie. Jy betaal ook die generaals wat heers oor die prvinsies om te verseker dat jou besigheid mag voort bestaan. Indien jy weier sal jou besigheid en somtyds jy saam vernietig word.

FM ·

Anc soek nie jou plaas nie, net jou geld omdat jy wit is en werk vir jou geld. Kom koop my plaas teen MARWAARDE en dit wil anc nie doen nie, want dan kry die boer mos geld. En hulle wil juis die wittes verarm. Anc is jaloers op suksesvolle hardwerkende witmense. Alles gaan om die witmense te verarm. So simple as that!!!!!

FM ·

Daar is mos weer n verkiesing op pad. Staat kan maar my plaas kom koop teen huidige markwaarde, let wel HUIDIGE markwaarde. MAAR hulle wil dit nie doen nie, want dan moet hulle betaal. Hulle wil nie, want dit is n WIT boer se plaas en dan kry die boer mos geld vir sy plaas. En die anc wil die wittes verarm. So moet die boere en belastingbetalers betaal vir nkandla, hlaudi motsoaneng, eskombonusse, sanral ens ens. Dis so eenvoudig soos dit. Hulle soek nie jou plaas nie, hulle soek jou geld. Daarom wil hulle nie vir jou plaas betaal nie. Die enigste manier om die armes voor die verkieding te paai, is om 50 persent te paai. Belaglik!!!!

maggie ·

sou dit gebeur, gaan dit ‘n groot fout wees, want as ek 50% van my grond moet weggee sal my produksie met 50% persent val en sal die hongersnood groter word, want ek en my familie wat geld het sal die duurder kos kan koop, of dit self produseer, en die wat nie geld het nie sal dit nie kan bekostig nie en dus vrek van die honger….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.