Bus brand in Johannesburg

bus brand 2Slegs een persoon het geringe beserings opgedoen toe ʼn bus in die weste van Johannesburg aan die brand geslaan het.

“Die voorval het Dinsdag omstreeks 17:00 in Hendrik Potgieterrylaan gebeur,” het Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die enjin van die bus het begin brand en die bestuurder het van die pad afgetrek.”

Paramedici het probeer om die brand te blus, maar kon dit nie onder beheer bring nie. Gelukkig was daar geen passasiers in die bus nie.

“Die busbestuurder is na die Flora-kliniek geneem vir behandeling van rookinaseming,” het Rossouw bygevoeg.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Paramedici om die brand te blus ?
Elastoplast-pleister het ek gevind werk die beste maar dis by brandwonde en nie busse wat brand.
Sou dit die buskruit van die bus gewees het wat die bus laat brand het ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.